Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 16th July 2020

Reinke sê: Spilpunt kraai koning oor druppers

By 4 min read
729 words
reinke

reinke 1

Gemeganiseerde besproeiingstelsels voer wêreldwyd die botoon in besproeiing. Dit is besig om stadigaan tradisionele metodes soos vloedbesproeiing, goukoppelsprinkelaars en selfs ondergrondse drupbesproeiing te vervang.

Besproeiingstelsels word dikwels vernuwe om hoë arbeidskoste te bekamp, maar gemeganiseerde stelsels bring ook die voordeel van hoogs doeltreffende benatting met eenvormige waterplasing tot 95%.

Drie redes om gemeganiseerde besproeiing te kies:

1.Gemeganiseerde besproeiingstelsels kos minder, hou langer en behou hulle waarde. Jou aanvanklike belegging vir ’n spilpunt is minder as vir ’n drupbesproeiingsaanleg.

2.Jy bespaar arbeidskoste en tyd met ’n gemeganiseerde besproeiingstelsel. Een persoon kan ’n hele aantal stelsels oor honderde hektaar met afstandbeheer bestuur.

3. ’n Gemeganiseerde besproeiingstelsel kan vir ’n groter verskeidenheid gewasse gebruik word met hoër toepassingsdoeltreffendheid as drupbesproeiing.

Om die regte hoeveelheid water op die regte tyd toe te dien is deurslaggewend vir ’n goeie opbrengs, maar eenvormige toediening van die korrekte hoeveelheid is net so belangrik.

Reinke is ’n voorloper in besproeiingstegnologie. Ons afstandbeheerstelsels, wisselspoed-besproeiingstegnologieen spuitdoeltreffendheid maak ’n spilpunt die regte keuse vir jou boerdery. Die lang leeftyd van ’n spilpunt of een van Reinke se laterale stelsels beteken ook besparing van jaar tot jaar. Jy gebruik minder water en dus minder krag en verhoog jou opbrengs.

Drupbesproeiing   Spilpunt
Drupstelsels kos 20 tot 100% meer per hektaar, afhangend van lynspasiëring en totale grootte. AANVANGSKOSTE Spilpunte kos gemiddeld tussen R10 000 en R17 000 per hektaar. Hoe meer hektare, hoe goedkoper per hektaar.
Die 50 000 druppers op ’n 50-hektaar drupstelsel vra aansienlik meer toegewyde bestuur as spilpunte. Dit neem nie eers die filter, drupperlyne, stelselbeheer en hoëdrukpompe in ag nie. BESTUUR Die 150 sproeiers op ’n 50-hektaar spilpunt word maklik in stand gehou met gerieflike stelselbeheer. Jy kan gou sien as ’n sproeier verstop is, anders as ’n drupper wat onder die grond wegkruip.
Om ’n drupstelsel te installeer is moeilik. Jy moet die plasingsdiepte van die lyne versigtig kies met die oog op bewerkingspraktyke om seker te maak die lyne word nie beskadig nie. INSTALLASIE Die installasie van spilpunte is ’n maklike en gestandaardiseerde proses.
’n Drupstelsel se leeftyd is normaalweg van 7 tot 10 jaar en dit kan vinnig verkort word deur meganiese skade as gevolg van bewerkings, asook verstoppings. LEEFTYD ‘n Tipiese Reinke-spilpunt het ’n leeftyd van meer as 25 jaar. Die eerste Reinke spilpunt wat in 1968 gebou is, werk nog steeds een stryk deur!
Filters van drupstelsel moet voortdurend nagegaan en skoongespoel of wanneer nodig vervang word om swak opbrengs te verhoed. Blokkasies bemoeilik eenvormige watertoediening. FILTERONDERHOUD Daar is min tot geen filtrering nodig vir ’n spilpunt of lineêre stelsel. Eenvormige watertoediening kan makliker bereik word.
Ondergrondse drupstelsels kan nie saadontkieming stimuleer as die lyne onder die wortelsone geplaas is nie. Sekere drupbesproeiingsmaatskappye gebruik bogrondse sprinkelaars vir ontkieming. ONTKIEMING Water van ’n spilpunt sak neer soos reën oor die hele grondprofiel, wat ontkieming aanhelp. Dit is ook maklik om ’n spilpunt met ’n dubbeldoelspuitpakket toe te rus – een vir ontkieming en een vir groei.
Met ’n drupstelsel moet jy gereeld chemikalieë gebruik om konsentrasies van minerale wat druppers kan verstop op te los, asook om wortelindringingskade aan ondergrondse pyplyne te bekamp.” VERSTOPPINGS EN LEKKE By spilpunte is daar geen probleme van die aard nie.
Met drupbesproeiing kan soute opbou op die skeidslyn van die stroke wat benat word en die omringende grond sodat die grond later kan versout. Uiteindelik sal water van bo af nodig wees om die soute tot onder die wortels af te spoel. SOUTOPBOU Watertoediening van bo beteken egalige verspreiding oor die oppervlakte met soute wat beheer word deur dit uit die wortelsone te spoel.
Pesdiere kan drupperlyne beskadig. Om die peste te bestry, kos tyd en geld. PESTE Die staalstruktuur en sproeiers van ’n spilpunt kan nie maklik deur pesdiere beskadig word nie.
Met ’n drupstelsel word daar moeilik van een gewas na ’n volgende oorgeskakel as gevolg van die vasgestelde ryspasiëring. GEWASAFWISSELING Gewasafwisseling bied geen probleem met ’n spilpunt nie.
Die gebruik van hoësterktestaal maak Reinke se stelsels gehard en betroubaar, daarom kies boere wêreldwyd al vir meer as 60 jaar Reinke-besproeiingstelsels   ’n Reinke-stelsel betaal homself oor en oor in sy leeftyd en sorg dat jou lande en gewasse die regte hoeveelheid water op die regte tyd kry om wenoeste te behaal.

Vind meer uit by Patrick Ellis, direkteur van Reinke Suid-Afrika, by 031-350-4525, of stuur ’n e-pos aan Patrickellis@reinke.com.

Gaan loer na Reinke se spilpunte op Agri4all.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0