Ranger klop Hilux: Bakkieverkope vir Oktober 2016

fortuner-83_1800x1800
Die Ford Ranger se verkope het die Toyota Hilux s’n in Oktober verbygesteek, volgens verkoopsyfers wat deur die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) vrygestel is.
Binnelandse verkope van nuwe ligte handelsvoertuie (LHV) wys dat 13 559 eenhede gedurende Oktober verkoop is, wat ‘n ernstige afname van 1 623 eenhede of 10,7% is in vergelyking met die 15 182 voertuie wat gedurende dieselfde maand in 2015 verkoop is.
Die Ranger en Hilux is die enigste bakkies wat meer as 2 000 eenhede verkoop het, met die Nissan NP200 wat na die Hilux op 1 175 staan.
Die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van SA sê: “Plaaslik bly die kort- tot mediumtermyn ooruitsigte uiters uitdagend. Nuwe voertuie se prysinflasie plaas druk op huishoudings se besteebare inkomste. Lae vlakke van sakevertroue en relatief hoë rentekoerse sal voortgaan om ‘n negatiewe impak op verkope van nuwe voertuie te hê. ”
Die top 10:
- Ford Ranger – 2 964
- Toyota Hilux -2 781
- Nissan NP200 – 1 175
- Chevrolet Ute – 1 131
- Isuzu KB – 953
- Nissan Hardbody – 868
- Toyota Land Cruiser-bakkie – 276
- Volkswagen Amarok – 264
- Mahindra Bolero – 69
- Mahindra Scorpio bakkie – 68
Bron: wheels24