Raak die droogte die jagseisoen ook?

wildbuffels
Jagters is bekommerd oor die uitwerking van die droogte in die wildsbedryf. Die jagwebwerf, Pot-Shot, sê die Kalahari en dele van die Vrystaat word die ergste hierdeur geraak, want baie wildsbesprekings op plase is gekanselleer oor die droogte.
Die boere wil eers kyk hoe die reënval in die volgende paar weke is voor hulle besluite oor die jagseisoen neem.
Geraldine Richer van Biltongjagters sê in sekere gevalle sal daar nie gejag word op plase nie en hulle pryse gaan vanjaar baie hoër wees. “Vlakvarke se pryse het gestyg tot R1 500 en rooibokke se pryse is ook heelwat duurder. Sommige plase vra al R2 500 vir ooie en groter ramme kan tot R3 500 kos,” sê Geraldine.
In sekere streke sal dit wel jag soos altyd wees. Verdere inligting hieroor sal in Februarie beskikbaar wees.
Bron: www.pot-shot.co.za