Produsenteprys van skaap- en beesvleis daal

rpo
Die produsenteprys van beesvleis het oor die afgelope vier weke ook met 8% gedaal en jaar-op-jaar is die produsenteprys van beesvleis nou net 4% hoër as in 2015.
Bees- en skaapvleis produsentepryse het dus heelwat minder gestyg as die Maart jaar-op-jaar voedselinflasie-indeks wat op 9,8% was.
As die produsenteprys daal, neem dit egter ‘n ruk om in die kleinhandelspryse weerspieël te word. Dit behoort egter nie meer as 14 dae te wees nie. Tans word daar egter groot verskille in die kleinhandelsprys in terme van rooivleispryse waargeneem. Daarom word verbruikers aangemoedig om pryse en kwaliteit te vergelyk.
Die Rooivleisprodusente-organisasie wil die kleinhandelaars en die kleinhandelgroepe bedank wat reeds die voordeel van die verlaagde produsenteprys aan verbruikers deurgee.
Verbruikers word aangeraai om grootmaat beesvleis en heel of halwe lam- of skaapkarkasse aan te koop, wat dan volgens sy/haar behoeftes versnit kan word. Die norm behoort te wees dat die verbruiker vir heel- of halwe lam/skaapkarkasse in die kleinhandel ongeveer 30% meer behoort te betaal as die produsenteprys, plus BTW.
Die landwye droogte word as die rede aangevoer waarom bees- en skaapvleispryse in die stadium uitermatig hoog behoort te wees. Dit is egter tans nie die geval nie. Dit wil voorkom asof die aanbod nou die vraag oorskry – onder andere as gevolg van invoere vanaf ons buurlande. Dit word voorsien dat die laer produsentepryse tot ten minste in die lente kan voortduur.
Bron: RPO