Pomp sonder smart
Voldoende waterverkryging en -toevoer is goud werd op ’n plaas wat vooruit wil boer want mense, diere en gesaaides se waterbehoeftes is ononderhandelbaar. Tot onlangs was dit ook maar ’n duur en riskante storie om hierdie belangrike infrastruktuur te bou en in stand te hou.
Heim Botha is ’n deeltydse boer in die uitdagings van watervoorsiening belangstel en dit verstaan. Hy het oor jare se eksperimentering en toetse met ’n boorgatpomp vorendag gekom wat ’n omwenteling op dorstige plase gaan beteken.
“Die eenvoudige pomp werk deur lug met ’n gewonde huishoudelike kompressor deur een pyp in jou boorgat te pomp wat dan water in ’n ander pyp dwing om dit na die bestemming wat tot 100 meter hoër kan wees, te stuur.”
“Daar is geen bewegende metaalonderdele en die pomp kan nie uitbrand wanneer dit droogloop nie,” sê Heim. Dit beteken dat die pomp nie kan roes nie, dat dit water met ’n hoë sout- en ysterinhoud kan pomp en nie skrik nie vir sand en klippies nie.
Saam met die pomp wat van duursame politeenplastiek gemaak word, benodig jy slegs ’n lengte 25-mm- en 40-mm- 10 bar HDPE-pype wat by jou plaaslike koöperasie aangeskaf kan word. Die 25-mmpyp word vanaf jou kompressor, wat veilig agter slot en grendel is, tot by die pomp in die boorgat gelê en die 40-mm-pyp vanaf die boorgat na die water se bestemming.
“Dit is slegs belangrik dat die pomp vyf meter onder die watervlak moet wees vir optimale werking.
“Ek help die ouens met installasie, maar omdat dit so eenvoudig is, kan die meeste boere dit maklik self doen,” sê hy.
Kontak gerus vir Heim Botha van Rocky Road Construction by 083-340-1838
083-340-1838 of heim@vodamail.co.za as jy ook met plesier wil pomp.