Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 17th October 2019

Poliëtileenpype, plastiekkratte, drup- en mikrobesproeiing …MEPS en Plastic Man bied nou nóg meer

By 2 min read
345 words

DSC_0009

Chris Marais, eienaar van MEPS en Plastic Man, saam met Johan Kruger, verkoopsman van MEPS Pretoria, by hulle uitstalling by NAMPO Kaap.

՚n Bekende en vertroude naam op plase regoor die land is MEPS, die plaaslike vervaardiger van bekragtigers en alles anders wat nodig is vir elektriese heinings. Goeie nuus vir boere is dat hulle nou op dieselfde gehalte produkte en diens kan reken vir mikrobesproeiing, pype en plastiekprodukte.

Dit volg nadat MEPS se fabriek op Witrivier nou ook begin het om produkte van HDPE (hoëdigtheid-poliëtileen) en LDPE (laedigtheid-poliëtileen) te vervaardig vir die besproeiingsbedryf. Die nuwe produkte staan bekend as Plastic Man.

Chris Marais, eienaar van MEPS en Plastic Man, verseker boere: “Ons pryse is laer as ons naaste teenstanders s՚n, aangesien al ons produkte plaaslik vervaardig word. Alle produkte word gesertifiseer deur die nasionale reguleerder van verpligte standaarde of NRCS soos dit algemeen bekend staan.”

MEPS se sonpanele van 80 Watt word gebruik om die wildsheining se batterye volgelaai te hou.

MEPS vervaardig en verskaf steeds alles wat nodig is vir enige elektriese omheining.

“Ons verskaf ook tydelike omheinings vir skaap- en beesboere vir strookbeweiding en tydelike weidingskampe,” sê Chris, “sowel as eletriese veiligheidsomheinings om die boer se huis en werf.”

Nog ՚n reeks produkte wat MEPS verskaf, is sonpanele. Hierdie panele kan gebruik word om krag te lewer aan die heinings en hekmotors sodat die gevaar van kabeldiefstal verminder word. Plastic Man sorg vir alle drup-en mikrobesproeiingstoerusting, insluitend pype vanaf 12 tot 160 mm. Verder vervaardig Plastic Man ook huishoudelike benodigdhede soos emmers, bakke en stoele, asook plastiekkratte waarin groente en vrugte verpak kan word. Alle plastiekprodukte word vervaardig van hoёgehalte HDPE, LDPE en PP.

Plastic Man is net die plek om aan
te klop vir besproeiingspype van die
hoogste gehalte teen die laagste prys.

MEPS en Plastic Man se takke in Witrivier, Pretoria en Kaapstad bied produkte van die hoogste gehalte teen die laagste prys aan enige boer enige plek in Suid-Afrika. Gaan kyk self op hulle webwerf by www.meps.co.za of www.plasticman.co.za of e-pos meps@mepsef.com of info@plasticman.co.za. Skakel Witrivier by 013-751-2945, Pretoria by 012-548-4420 of Kaapstad by 021-981-6157.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0