Plaasmoorde: Voorlegging aan die VN

tlu-sa-logo
TLU SA gaan weer hierdie week die probleem van plaasmoorde onder die internasionale gemeenskap se aandag bring.
Die VN se menseregtekommissie se forum vir Minderheidsaangeleenthede hou hierdie week weer sy tweedaagse jaarlikse bespreking oor minderheidsake en die tema handel oor minderhede in situasies van humanitêre krisis.
Die voorlegging sal handel oor die voortdurende probleem van plaasaanvalle, die regering se hantering van die droogte, grondhervorming, SEB, waterbesoedeling en vernietiging van onderwysgeleenthede as bedreiging vir minderhede in besonder, maar vir die land in die algemeen.
Bron: TLU SA