Categories: NewsPublished On: 7th October 2016

Plaaslike pryse sal opwaarts neig

By 1 min read
277 words
beesvleispryse

bonsmaras

Plaaslike sal pryse na verwagting ‘n opwaartse neiging toon weens ‘n verbeterde vraag in die warmer maande. Internasionaal word daar verwag dat die Amerikaanse mark in die komende maande swak sal bly soos wat plaaslike produksie aanhou styg, maar laer slagtings van skotverse en osse mag die druk verlig, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik

Beesvleispryse word steeds ondersteun deur die warmer weer. Die voorspelde ABSA-beesvleispryse was as volg: Klas A-pryse is 0,55% hoër teen R38,66/kg en Klas C- pryse is 0,38% hoër teen R38,66/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 1,53% laer teen R20,54/kg.

Huidpryse het stabiel gebly teen R15,33/kg vir ‘n groen vel, wat 0,11% hoër is as die vorige week. (NB* Huidpryse word deur die RMAA se gemiddeld asook onafhanklike maatskappye bepaal.)

Bulmark faktore

  • Die moontlikheid van ‘n verbetering in pryse bestaan soos wat dit warmer raak en kuddes herbou word. Somerreëns sal daartoe bydrae dat beeste op die natuurlike weiding gehou kan word.
  • Groeiende geleenthede vir uitvoere ondersteun pryse.

Beermark faktore

  • Oorvloedige pluimvee- en varkvoorrade kan afwaartse druk op die beesvleismark en die sukkelende ekonomie plaas.

Internasionaal

Gedurende die week van 13 September 2016 het Nieu-Seelandse bulle 0,20% laer verhandel teen 497NZc/kg en koeie het 3,89% laer verhandel teen 346NZc/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.

Bulmark faktore

  • Die Amerikaanse departement van landbou het sy laaste vooruitskatting vir die internasionale landbou vraag en aabod gepubliseer. Dit dui aan dat Amerika se beesproduksie laer behoort te wees weens die verwagte verminderde slagtings van skotverse en osse.

Beermark faktore

  • Vraagfundamentele bly laag in die Amerikaanse mark.
  • Die Amerikaanse mark sal na verwagting in die komende maande swak bly soos wat plaaslike produksie aanhou styg.

Bron: RPO

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0