Plaaslike pruimuitvoere is kleiner

pruime
Die pruimseisoen in Suid-Afrika is twee-derdes aan die gang, met variëteite soos African Delight, Flavour King, Laetitia, Songold, Southern Belle en Angeleno wat tans gepluk word.
In die Wes-Kaap waar meeste pruime ververbou word, voel boere steeds die gevolge van die droogte. Die Theewaterskloofdam is 31,8% vol en die Bergrivierdam is 45,8% vol. Om hierdie rede is meeste volumes in al die variëteite minder, die vrugte se grootte is kleiner as gewoonlik en daar is probleme met rakleeftyd.
“Ons volumes is beslis op van verlede jaar, maar ons kan nie al ons vrugte uitvoer nie, so die res word weer gerig aan die plaaslike mark,” sê Wessel Erasmus van Banhoek Fruit Packing wat pruime van hulle eie plaas en van ander plase hanteer. “Die plaaslike mark kan nie die pryse wat onder druk is hanteer nie. Ons sukkel om die koste van ons verpakkingsmateriaal te dek.”
Die aanvraag na pruime in die informele sektor groei. Wessel sê: “Daar is al hoe meer manne met bakkies wat by ons informele handelskanale pruime kom haal. Pruime groei in gewildheid in die swart verbruikersmark.”
By die grootste pruimverpakkingsaanleg in die Wes-Kaap, Franschhoek Marketing, word daar jaarliks gemiddelddrie miljoen houers pruime verpak waarvan 90% uitgevoer word (klas-A houers is meestal 5 kg en klas-B houers 8 kg).
“Die gehalte van die pruime is goed, maar die vrugte is klein,” sê Jan Hoon, bemarkingsbestuurder van Franschhoek Marketing. “Op die oomblik kry ons goeie pryse van die EU en omtrent 50% van ons pruime gaan soontoe. Tans is die pryse van die Midde-Ooste en die Verenigde Koninkryk bietjie af.”
African Delight, ‘n variëteit wat deur die Landbou Navorsingsraad (LNR) se Infruitec-Nietvoorbijnavorsingstasie in Stellenbosch ontwikkel is, is ‘n betroubare pruim vir uitvoere. Dit het nie net goeie eetgehalte nie, maar dit hou terwyl dit vervoer word.
Bron: Bizcommunity