Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 21st June 2021

Plaasbestuurder.co.za help landbou werksoekers om loopbane te bou

By 2 min read
338 words

FB_IMG_1619680491487

Plaasbestuurder.co.za verstaan die uitdagings wat Boere in Suid-Afrika het om die regte individue te identifiseer vir vakante poste in Boerdery. Vernon Hambrock, die stigter van Plaasbestuurder.co.za, het self geboer en identifiseer hy goed met die kandidaat profiel vereistes van, veral, Plaasbestuurders.

Bo en behalwe sy passie vir, en eerstehandse ondervinding in Gemengde Boerdery, het Vernon gedien in Senior Bestuur by Senwes en Vodacom, waar hy onder andere verantwoordelik was vir die bemarking, werwing en aanstelling van Vodashop Konsessiehouers.

Personeel kan enige werkgewer se grootste bate of ergste frustrasie wees. Met Plaasbestuurder.co.za se unieke ondervinding en kundigheid in personeelwerwing en gemengde boerdery, sal Plaasbestuurder.co.za, deur hulle deeglike werwingsproses die beste moontlike kandidaat vir u Boerdery of Landbou-onderneming werf. Plaasbestuurder.co.za se kandidate beskik nie net oor die nodige kundigheid, kennis en bevoegdheid wat verwag word nie, maar sal ook goed by die Boerdery se kultuur aanpas.

Plaasbestuurder.co.za se werwingsproses het die toets van tyd deurstaan en kan hulle met vertroue hulle kandidaat plasings vir drie maande waarborg.

As klein besigheid is Plaasbestuurder.co.za se oorhoofse kostes laag en poog hulle om die lae kostevoordeel in hulle fooie te reflekteer en is fooie eers betaalbaar nadat die kandidaat aangestel is.

Plaasbestuurder.co.za verstaan ook die uitdagings van werksoekers in Landbou en staan hulle uitsluitlik ook individue by wat n Landbouloopbaan wil volg.

Die Plaasbestuurder.co.za CV Databank is geskep om eerstens jong Landbou gegradueerde kandidate te help om ʼn loopbaan in Landbou te bou en tweedens om idividue wat opsoek is na ʼn nuwe uitdaging en/of beroepsverandering vinnig te identifiseer en te evalueer. Plaasbestuurder.co.za evalueer alle CV’S op die databank vir geadverteerde vakante betrekkings voordat eksterne aansoeke oorweeg word.

Plaasbestuurder.co.za kan gekontak word via hulle webblad www.plaasbestuurder.co.za, deur e-pos info@plaasbestuurder.co.za of kontak Vernon direk op 082 779 7788 om u behoeftes met hom te bespreek.

Plaasbestuurder.co.za behartig jou boerdery se werwingsproses, sodat jy 100% op jou boerdery kan fokus.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0