Pioneer bied vanjaar iets vir almal

Foto1
Pioneer het vanjaar weer die uitstekende geleentheid by NAMPO benut om hulle jongste ontwikkelings met boere te deel. Die manne wat met raad en daad reggestaan het, was Emile van den Berg, hoofl andboukundige; Martin Monk, streeksbestuurder Oos-Vrystaat; Johan Kock, produklandboukundige in die weste en Martin Brand, veldlandboukundige.
Hommeltuie tel elke plant
Presisielandboutegnologie is nou nog meer presies met Pioneer wat nou hommeltuie inspan om vir hulle boere nog meer waarde tot hulle produkte toe te voeg.
“Ons het hierdie seisoen hommeltuie begin gebruik wat uit verskeie oogpunte vir ons baie voordele bied,” sê De Bruyn Myburgh, Pioneer se landboukundige vir Natal en ’n deel van die Oos-Kaap.
“Een daarvan is om op ons proefpersele NDVI-beelde (Normalised Difference Vegetation Index) van ons gewasse te neem. Dit gee vir jou ’n baie akkurate aanduiding van hoe jou plant fisiologies daar uitsien en hoe groen en gesond die plant is. Ons gebruik dit as maatstaf om die verskillende variëteite aan hulself te meet, want dan kan jy dadelik sien waar daar tekorte is en waar dit verbeter.”
Pioneer span ook hommeltuie in om ’n land se plantestand baie akkuraat te bepaal. “Voorheen het ’n boer die plante op ’n paar plekke in sy land getel en dan daarvolgens sy totale plantestand bereken,” sê De Bruyn. “Die hommeltuie neem nou fotos van die hele land se blaredak en dan kan ons sagteware baie akkuraat uitwerk hoeveel plante daar werklik staan.”
Plant volgens potensiaal met Ag-Studio
Pioneer se slimkoppe glo daar is drie dinge wat moet saamwerk om ’n optimale opbrengs te lewer: Die regte variëteit moet in die regte grondsoort teen die regte plantestand geplant word. “Die manier om dit te bereik, is om tegnologie, presisieboerderybeginsels en hoëtegnologieboerdery-insette te gebruik,” sê De Bruyn.
“Ons by Pioneer is baie opgewonde oor die toekoms en ons wil saam met jong boere en ondernemings wat hierdie tegnologie inspan groei sodat ons saam met die boere ’n groeikurwe kan klim.” Pioneer het die daad by die woord gevoeg en begin om variëteite te toets deur dit op bepaalde grondsoorte teen die regte plantestand op hulle proefpersele te plant. Dit staan bekend as die Die DAT proewe (Digital Agronomy Trials) wat vier jaar gelede begin is en dit word ook doeltreffend vir opleiding gebruik.
Daarmee saam het hulle alle moontlike digitale inligting versamel met behulp van grondklas-, planter- en stroperkaarte. Sodoende kon hulle al die data verwerk om dit in een formaat in ’n bruikbare vorm weer te gee. Pioneer se doelwit is om die inligting wat so ingewin is as ’n diens aan boere te bied. “Ons gebruik ’n Amerikaanse program, Ag-Studio, en het kragte met John Deere saamgespan wat hulle.
“My John Deere-platform” en “JD-Linkdatabasis” aan ons beskikbaar gestel het. Ons kan toegang tot ’n boer, wat vir ons per e-pos toestemming gee, se data in die JD-Link-wolk kry en dit met ons data integreer. Sodoende kan ons bepaal watter van ons kultivars die beste op sy plaas sal werk. Dit sal in die vorm van ’n wisselbare presisiekaartskaal wees wat hy saam met sy wisselbare planter kan gebruik om die beste stand vir elke blok se grondpotensiaal te plant. Hierdie program sal ’n hoër akkuraatheid verseker en ’n wen-wen vir al die partye beteken.

Geel kultivars
Pioneer het hierdie seisoen twee voorvatters in hulle nuwe geelmieliereeks, wat albei vir droëlandtoestande geteel is, maar ook onder besproeiing sal werk.
“Die P1513R is Roundup-gereed maar is ook in GM-vry beskikbaar. Dit bevat dieselfde genetika met net die Bt-tegnologie wat bykom,” sê De Bruyn.
“Die P1513 is oral baie goed aangepas, maar presteer beter in die ooste as in die weste. Hierdie variëteit wil ons gebruik om die beroemde H-reeks of die H54YR en die H56 te vervang as gevolg van sy nuwer genetika en beter opbrengste.”
Die P1513-variëteit besit ook ’n roesweerstandige geen om sy man te staan in streke waar die roesdruk hoog is. Hy val in die vinnige groeiklas met ’n VRR (Vergelykende Relatiewe Rypheid) van 115 dae en neem 140 dae tot dit fisiologies ryp is. Dit is ’n enkelkoppige baster met hoë flekspotensiaal (aanpasbare aantal pitrye), wat beteken dat hy meer rye aan die kop kan dra as sy groei-omstandighede gunstig is.
“Ons het vanjaar gesien dat hy tussen 18 en 22 rye aan die kop sit. Die lengte van die kop wissel soos wat die plantestand en omstandighede wissel,” sê De Bruyn. “Ons kon ook in die proewe sien hoe vroeër en later aanplantings en meer en minder vog ’n invloed op die koplengte gehad het.”
Pioneer se P2367 is die ander nuwe geel baster in die medium groeiklas. “Die P2432R was altyd ons gunsteling in die mediumgroeiklas, maar ons was sterk op soek na ’n kultivar met ’n basisgenetika, veral in die Hoëveldgebied waar boere meer geneig is om GM-vry mielies te plant,” sê De Bruyn.
“Die P2367 het ’n VRR van 123 dae en neem 155 dae tot dit fisiologies ryp is. Dit is ook ’n blaarryke baster, alhoewel hy goeie weerstand teen blaarsiektes het. Ek het vanjaar bietjie kuilvoerproewe op hom gesny en die materiaalhoeveelheid is reg. Ons wag nou net vir die gehalteontledings. Hierdie variëteit sal in die Ooste werk waar boere ’n kuilvoer en ’n goeie graanbaster in een wil hê.”

Wit kultivars
Johan Kock, produklandboukundige in die Weste, sê: “P2927WYR is een van ons eerste toevoegings wat deur die IMPAK-stelsel kom. Dit is ’n outjie wat jy so vroeg as moontlik in die grond wil sit en hy word geklas as ’n medium tot lang groeier met ’n VRR van 129 dae. Dit het ’n baie hoë opbrengspotensiaal oor al die produksiegebiede en wys ’n geweldig goeie fleks (aanpasbare aantal pitrye) op die eerste kop, met die potensiaal om ’n tweede kop te vorm.”
In hoëpotensiaalgebiede met ’n hoë watertafel kan hy opbrengste van 7t/ha tot 13t/ha lewer. In die harder, droeër westelike streke groei hy ook stabiel en sal jou nie teleurstel nie. Die P2865WBR is ’n nuwe kultivar wat die bogenoemde P2927WYR sal aanvul as dit saam geplant word. “Die P2865WBRhet reeds die Mon89034-dubbelgeen in wat jou redelik vrywaar teen wurmdruk,” sê Johan.
“Sy VRR is 128 dae en hy word as ’n alomspeler beskou wat in lae- en hoëpotensiaalgebiede uitstekende opbrengste sal lewer. Hy is baie sterk meerkoppig en maak maklik twee koppegelyk groot. Ten spyte van moeilike produksietoestande oor die afgelope paar seisoene, het hierdie twee kultivars steeds uitstekende graangehalte gelewer, so om ’n aanbeveling vir die westelikeboere te maak, moet jy hierdie tweekultivars saam in ’n pakket plant.
Die P2842W is ’n kultivar wat baie goed in die ooste en weste aangepas is. “Hy het die “kameel”-geen in hom wat weerstand teen droogtetoestande bied,” sê Johan. “Daar waar dit in die westeregtig droog en hard en taai gaan, waardie boere lae plantestande met wye rye plant, is dit die kultivar om te plant. Hy kan ook as deel van die bogenoemdepakkette geplant word.”
Die P1517W is Pioneer se resiesperd. “Hy het ’n VRR van 115 dae, wat hierdiekultivar die enigste in sy soort maak omdathy so vinnig groei. Hy word dus ook gewoonlik onder besproeiing geplant enis inderwaarheid ons top besproeiingskultivar,” sê Johan.
“Hy is tans ook in ’n WYR-stapelgeenweergawe beskikbaar en kan in plantpopulasies van 90 000, in enige ry-konfigurasie, vanaf 75 mm tot 90 mm (3 voet) geplant word. Hy groei vinnig en hy lewer uitmuntende opbrengste, maar soos ’n tipiese mieliegordelkultivar met Amerikaanse genetika wil hy soos ’n resiesperd bestuur word. Hy wil hoë-inset kunsmis en die regte hoeveelheid water hê en jy moet sy siektepakkette baie fyn bestuur. As jy dit reg doen, sal hy dubbel en dwars jou geld vir jou terugmaak.”

Pioneer bied meer as net saad. Skakel 066-475-8703 of 012-683-5721, of stuur ’n e-pos aan tharien.hendrikse@pioneer.com vir meer inligting.

ou staatmaker is. Dit het ’n VRR van 123 dae, is sterk meerkoppig en kan in lae- en hoëpotensiaalgebiede
geplant word om altyd ’n baie goeie graangehalte te lewer.