PANNAR: Toptegnologie tot die boer se diens

pannar
Elke jaar nuut en meer en beter – dit is hoe boere PANNAR se jaarlikse Gewasextravaganza beskryf. By hierdie geleenthede kan boere self sien hoe PANNAR se wye reeks doelmatige kultivars presteer. Terselfdertyd kry boere die kans om antwoorde op al hulle vrae by PANNAR se slimkoppe te kry en om te sien wat PANNAR hulle alles kan bied om hulle boerdery doeltreffender en winsgewender te maak. Een van die talle hoogtepunte by vanjaar se Gewasextravaganza, wat by nege plekke dwarsoor die land gehou word, is die Tegnologietent met sy praktiese boerdery-oplossings. Die uitstallings en aanbiedings in die Tegnologie-tent is ‘n samevatting van PANNAR se handelsmerk- aanbod wat klinkend demonstreer dat PANNAR die landboubedryf veel, veel meer as net saad bied.
Hierdie diens berus op PANNAR se kernwaardes van etiek en verantwoordelikheid teenoor die omgewing, wêreldgehalte tegnologie en gespesialiseerde kennis van verskillende gewasse. Boere was beïndruk met die ultramoderne navorsingstegnologie wat hulle in die Tegnologietent by die Extravaganza op Delmas kon sien, veral die vooruitgang in telingtegnologie en MON89034 – die nuwe basters met tweedegenerasie stronkboorderbeskerming. Die Panacea-sambreel, wat boere in staat stel om veel voorspelbaarder resultate te behaal, is ook verduidelik:
SB Coetzee het boere ‘n oorsig gegee oor moderne saadbehandeling en oor wat PANNAR in die opsig kan bied. Ewe insiggewend was Vicky Knight se oorsig oor siektes en verantwoordelike swamdodergebruik. ‘n Hoogtepunt van die besoek aan die Tegnologietent was Christin Hunter se aanbieding oor PANAGRI en aanlyn-ondersteuning. PANAGRI bied praktiese boerdery-oplossings met produksiebestuursriglyne vir elke gebied, presisieplasing van kultivars en voorligting oor die interaksie tussen opbrengspotensiaal, groeiklas, meerkoppigheid, plantbevolking en kultivartipe.
Om hierdie kennis nou nog vinniger en makliker te deel, is PANNAR Sprout bekendgestel. Dit is ‘n toepassing (app) waarmee boere nou sommer vanuit die land PANNAR se kundigheid kan benut met hulle slimfone.
Die volgende inligting word gebied:
- Jongste praktiese boerderynuus
- Inligting en ‘n gedetailleerde oorsig oor PANNAR se produkte
- Siektefeite met verduidelikende kleurfoto’s
- Bastervergelykings
- Plantestandaanbevelings
- Beraamde opbrengste
So loop die PANNAR-boer vandag met ‘n magdom bruikbare kennis in sy sak.
Hierdie nuttige toepassing is beskikbaar by die Apple App Store of Google Play Store. Besoek ook

