Oppervlakte- en negende produksieskatting vir somergewasse 2021

corn-field-440338_1920
Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 16,211 milj. ton gestel. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,755 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,88 t/ha is.
Die geskatte mielie-oes is 6% groter as die 2020-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer.
Die oppervlak onder witmielies is 1,692 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,064 milj. ha.
Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 8,609 milj. ton. Die opbrengs van witmielies is 5,09 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting onveranderd gelaat op 7,602 milj. ton. Die opbrengs van geelmielies is 7,15 t/ha.
Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is ook onveranderd gelaat op 677 240 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 477 800 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,42 t/ha is.
Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is onveranderd gelaat op 1,890 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,29 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes is 58 900 ton, ook onveranderd teenoor die vorige skatting. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 38 550 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,53 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is 209 980 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 49 200 ha,
en die verwagte opbrengs is 4,27 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 57 672 ton, ook onveranderd teenoor die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 47 390 ha, en die verwagte opbrengs is 1,22 t/ha.
Wintergewasse – 2021 produksie-seisoen
Koring: Die verwagte produksie vir koring is 2,099 milj. ton, wat 0,17% of
3 500 ton meer is as die vorige skatting van 2,096 milj. ton, terwyl die
verwagte opbrengs 4,01 t/ha is.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,134 milj. ton (54%), in die
Vrystaat 346 500 ton (16%) en in die Noord-Kaap 259 150 ton (12%).
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 348 200 ton, wat
2,38% of 8 500 ton minder is as die vorige skatting van 356 700 ton. Die
oppervlakte beplant word beraam op 94 730 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,68 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is 190 000 tons, wat 2,56% of 5 000 ton minder is
as die vorige skatting van 195 000 ton. Dit is die grootste kanola-oes wat nόg
geproduseer is in die geskiedenis van SA. Die oppervlakteskatting vir kanola is 100 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,90 t/ha.
Die verwagte oes vir hawer (ontbytgraan) vir die 2021-seisoen is 80 473
ton en die oppervlakteskatting is 36 250 ton. Die verwagte opbrengs is 2,22
t/ha.
In die geval van soetlupine is die produksieskatting onveranderd gelaat op
30 800 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 22 000 ha, en die
verwagte opbrengs is 1,40 t/ha.
Die finale produksieskatting vir somergewasse vir 2021 sal op 25 November 2021 vrygestel word en die vierde produksieskatting vir
wintergewasse vir 2021 op 25 November 2021.