Ontmoet Vermeer se reeks voermaaktoerusting

TM800_ACTION_01
Boere kan gerus vanjaar by NAMPO uitkyk vir Vermeer Manufacturing se wye verskeidenheid landbouprodukte wat voortaan in sub-Sahara Afrika beskikbaar gaan wees.
Vermeer Equipment Suppliers (Pty) Ltd is sedert 2004 die enigste verspreider van Vermeer se nywerheidsprodukte en sal nou ook alle Vermeer-landbouprodukte versprei, soos snyers, belugters (tedders), harke, baalverwerkers en toedraaiers, asook die produk waarvoor Vermeer by uitstek bekend is: die Vermeer “Round Balers”.
“Ons is trots daarop om die bekende Vermeer-rondebaler en die res van ons volledige reeks voermaakprodukte aan boere in die streek te begin versprei,” sê Frank Beerthuis, besturende direkteur van Vermeer Equipment Suppliers.
“In die 70’s was die stigter van Vermeer Manufacturing Company, Gary Vermeer, se droom om ‘n een-man-hooistelsel te ontwerp. Hy het geen idee gehad hoe dit uiteindelik sou lyk nie maar het begin met ‘n ontwerp en dit gebou. Honderde boere het na die demonstrasie gaan kyk, op soek na ‘n beter manier om te baal, en daar het die eerste ronde 900 kg baal ‘n verandering in die hooibedryf gebring.
Die volledige reeks “Vermeer Forage”-toerusting sal by die 2017-NAMPO-skou van 16 tot 19 Mei in Bothaville bekend gestel word. Hoogtepunte wat te sien sal wees is die: Rancher 6640 Baler, BPX9000 Bale Processor, 604N Cornstalk Special Baler, TM800 Rebel Trailed Mower, R2300 Twin Rake en die VR1022 Carted Wheel Rake.
Die Vermeer Rancher-baler is ontwerp vir groot baalproduksie en sinvolle begrotings; die Rancher 6640-baler produseer groter deursnee ronde bale wat maklik kan verskuif en gevoer kan word. Met die standaard flottasiebande (31×13.5L-15) en radiale penkoppelaar, is die Rancher 6640-baler die regte keuse vir jou plaas, sê Frank.
Eenvoudig, duursaam en veelsydig, is alles sleutelwoorde om die Vermeer BPX9000-baalverwerker te beskryf. Die masjien is maklik om te hanteer en produseer gelykmatige, konsekwente voer met minimale instandhouding en die opsionele groot vierkantige baalbybehore bied dit die veelsydigheid wat jy benodig. Blaas weg die stof en skimmel van die baal, en voed eweredig in ‘n stapelbed of versprei oor 12 m. Die BPX9000 is gebou om te hou, met die Vermeer-gehalte wat jy verwag.
Dit neem ‘n ruwe baler met gewigtige komponente om die moeilike omstandighede en stywe tydsraamwerke van die balingsproses te weerstaan. Spesiaal ontwikkel vir mieliereste, is die Vermeer 604N en 605N-balers toegerus om hulle pad deur selfs die taaiste oes vinnig en doeltreffend te baal. Dit is ‘n masjien met ‘n lang lewe wat ongeëwenaarde produktiwiteit bied wanneer dit kom by die balingsproses van mieliestronke of -reste.
Vir meer inligting besoek www.vermeer.co.za of stuur a e-pos na Frank Beerthuis by frank@vermeer.co.za.


