Ontmoet Philipstown se wenner skaapboere

Philipstown Ooie
deur Gawie van Wyk, NWKV se Produksie Adviseur, Noord-Kaap
Phillipstown se jaarlikse Jongooi-kuddekompetisie en Jongooi gemete-produksieskou, wat in November plaasgevind het, het top ooitjies gelewer met besondere wolkwaliteit.
Kuddekompetisie:
16 groepe het ingeskryf vir deelname aan die kuddekompetisie. Die vyf jongooie wat deur boere ingeskryf word, is beoordeel deur Gawie van Wyk, NWKV se Produksie Adviseur vir goeie bouvorm en woleienskappe.
Die wenners was as volg:
Langwolooie: 1. Preiss & Kock; 2. Jan Venter; 3. Modern Merino
Kortwolooie: 1. Willem Retief; 2. JP vd Heever; 3. Trumps Merino
Gemete produksieskou
Twaalf groepe het ingeskryf vir deelname aan die gemete produksieskou. In Maart word vyf speenlammers deur boere ingeskryf. Die ooitjies word geskeer en loop dan saam tot Novembermaand wanneer hulle weer geskeer en gemeet word volgens wolwaarde en liggaamstoename. Die beste fyn-,medium- en sterkwolooie word met die hand en oog uitgewys voordat die groep geskeer word.
In die afdeling was die wenners soos volg:
Fynwol: 1. Fritz Battenhauzen; 2. Willem Retief; 3. Fritz Battenhauzen
Mediumwol: 1. Nannie van Zyl; 2. Fritz Battenhauzen; 3. Diederik Vermeulen
Sterkwol: 1. Roelo du Plessis; 2de & 3rde plek – Pieter vd Merwe
In die gemete produksieafdeling het Herman Venter die beste gevaar naamlik:
Swaarste vag – 5,66kg
Hoogste wolinkomste – R600,97
Beste ooi-inkomste – R948,56
Beste groepgemiddelde – R863,83