Categories: MechanisationPublished On: 2nd July 2024

Ontmoet die Müthing Vario: Jou nuwe deklaagbewerker

By 3 min read
589 words

DSC_0901

Stroop- en planttyd op die plaas is belangrike tye van die jaar, maar die voorbereiding wat jy doen tussen stroop- en planttyd bepaal die sukses van albei. Müthing deklaagbewerkers (mulchers) kan die voorbereidingstaak maklik en suksesvol maak deur die harde reste wat oorbly na strooptyd stukkend en fyn te kap om bewerking meer effektief te maak. 

Hoe fyner die materiaal is wat teruggaan grond toe, hoe gouer kan die ontbindingsproses begin. Met die deklaagbewerking word die habitat vir die vorming van  die Fusarium swam en die investering van stamboorder vernietig.

Die fyngebreekte reste word gelyk versprei oor die land deur die Müthing Vario-deklaagbewerker.

Ru-El de Wet, besproeiingsboer buite Hopetown in die Noord-Kaap verduidelik hoe hy die masjien op sy plaas gebruik: “Na strooptyd gebruik ek die Müthing-deklaagbewerker om die kaf stukkend te kap. Dan pas ek drukbeweiding toe met ons beeste op die land wat op die kaf wei en eet. As die beeste klaar gewei het gaan ek deur met ‘n skeurploeg en dan gebruik ek die Karat 12 van LEMKEN wat 350 mm diep werk deur die land. Die resultaat is ‘n perfekte saadbed. Dan eers kan ek plant.”

Deur die beeste op die land te sit spaar Ru-El sy kosbare weiveld.

Ru-El de Wet van Hopetown se beeste bewei die land nadat die Müthing Vario die reste stukkend geslaan het.

Só werk dit:

Die Müthing Vario slaan maklik die lang stokke of stamme stukkend met ‘n hamer-aksie en “Shark Fin”-rotors wat die stukke verder fyn maak. Die implement is ook toegerus met ’n verstelbare sny plaat wat jou toelaat om die lengtes van jou snit te bepaal.

Al die hamers aan die roller is met boronstaal getemper, so dit is baie sterk en vir drie jaar gewaarborg teen breekasie.

LEMKEN se Müthing Vario-deklaagbewerker wat ook van Duitsland af ingevoer word. Die deklaagbewerker kap die stokke op die land stukkend.

Agter aan die masjien is ‘n flap wat keer dat die gekapte stukkies ver gegooi word. Dit bied dus ook ‘n veiliger werksomgewing en die materiaal word eweredig versprei agter die bewerker. Die roller kan in twee posisies geplaas word om die verspreiding van die gekapte materiaal te bepaal. In die voorste posisie word die gekapte materiaal oor die roller gestrooi en ’n losser snit is die resultaat, deur die roller in die agterste posisie te sit word gekapte materiaal voor die roller geplaas en rol die roller dus die materiaal vas teen die grond .

Ru-El sê: “Die hamers word elke seisoen vervang. Die masjien moet ook net geghries word op al die ghriespunte voor jy hom kan gebruik.” ‘n Groot voordeel is die verweringsplaat aan die binnekant van die implement se dek wat die dek beskerm teen slytasie .

Die Müthing-masjien is baie stewig gebou en kan volgens Ru-El so 15 hektaar per dag bewerk. Hy kan voor of agter die trekker gehaak word en die vario model maak dit moontlik om die implement links of regs hidroulies te kan skuif. Dit vergemaklik die sny teen heinings of onder bome.

Verskeie doelgemaakte Muthing modelle is beskikbaar vir boorde tot munisipale gebruik. Groottes in verskillende applikasies beskikbaar vanaf 1,2 m tot 8,6m.

Vir meer inligting oor die Müthing-deklaagbewerkers van LEMKEN, kontak Karel Munnik by (+27)82-412-2577 of k.munnik@lemken.com; Blackie Swart by (+27)82-404-9651 of b.swart@ lemken.com. Verder kan Wessel Vosloo (+27)66-280-6564 of Gerrit Janse Van Rensburg(+27)82-528-7881 ook gekontak word. 

Gaan kyk ook op die webwerf, www.lemken.com, wat LEMKEN alles vir jou boerdery bied.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0