Oesskatting: Somergewasse

mieliepitte2
Die verwagte mielie-oes se skatting is nog minder. As gevolg van die voortgesette droogte in die westelike en sentrale gedeeltes van die Vrystaat, asook in die westelike en noordelike gedeeltes van die Noordwes provinsie, is die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes op 7,065 miljoen ton gestel. Dit is 2,63% of 190 475 ton minder as die vorige skatting van 7,256 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is met 0,97% of 19 000 ha verlaag na 1,947 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,63 t/ha is.
Die produksieskatting van witmielies is 3,071 miljoen ton, wat 3,92% of 125 125 ton minder is as die 3,196 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 3,03 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 3,995 miljoen ton, wat 1,61% of 65 350 ton minder is as die 4,060 miljoen ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 4,29 t/ha.
Neem kennis dat inligting van die objektiewe opbrengs-opname van die Konsortium vir die Mpumalanga provinsie, in April 2016 gerapporteer word en vir die Vrystaat en Noordwes provinsies in Mei 2016. Die huidige opbrengssyfers is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.
Ander somergewasse:
Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 710 500 ton, wat 3,40% of 23 350 ton meer is as die 687 150 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is verhoog na 718 500 ha, terwyl die verwagte opbrengs 0,99 t/ha is.
Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is 691 750 ton, wat 4,53% of 32 850 ton minder is as die 724 600 ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is verminder na 502 800 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,38 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes is 33 550 ton, wat 1,67% of 570 ton minder is as die 34 120 ton van die vorige skatting. Vir grondbone is die oppervlakteskatting verminder na 22 600 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,48 t/ha is.
Die produksieskatting van sorghum is 92 700 ton, wat 0,75% of 700 ton laer is as die 93 400 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is onveranderd gelaat op 48 500 ha, en die verwagte opbrengs is 1,91 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 38 195 ton, wat 13,38% of 5 900 ton minder is as die 44 095 ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is verminder na 34 400 ha, en die verwagte opbrengs is 1,11 t/ha.
Neem asseblief kennis dat die vierde produksieskatting vir somergewasse vir 2016, op 26 April 2016 vrygestel sal word.
Bron: Department van Landbou