Oes vinniger en slimmer met Agri Afrika se Legend-reeks

BINS IG
Die Agri Afrika Legend CB40 tapkar.
Wanneer dit tyd is om jou oes van die lande af te haal, wil jy vinnig en flink werk. Die proses kan soms dae neem en elke ekstra minuut kos geld. Daarom is dit ontsettend belangrik dat jy die regte gereedskap vir elke taak het, en die regte tapkar kan jou tyd en geld in die lande spaar.
Agri Afrika weet hoe belangrik dit is dat jou graan vinnig, veilig en skoon van jou stroper vervoer en afgelaai word. Daarom is hulle reeks Legend-tapkarre so ontwerp om nie net die werk reg te doen nie, maar ook dit vir jou so gemaklik as moontlik te maak.
Hul reeks sluit in die Legend CB23, CB30 en CB40.
Wanneer jy kyk na ’n tapkar, soek jy iets met groot genoeg kapasiteit. Hier speel die grootte van jou stroper ook ’n rol. Agri Afrika se Legend-tapkarre kom in 23 000 ℓ, 30 000 ℓ en 40 000 ℓ, sodat dit groot hoeveelhede graan kan hanteer sonder om te veel ritte te moet doen.
’n Doeltreffende uitlaaimeganisme is wat die aflaaispoed van jou tapkar kan maak of breek. Die Legend-tapkarre het ’n unieke karontwerp wat al die graan na die middelpunt voer, sodat die enkel-awegaar dit kan opvang en vinnig uittap – binne minder as drie minute. Hoe vinniger jou tapkar kan uitlaai, hoe vinniger kan hy terug in die lande kom om weer volgetap te word.
’n Tapkar moet sterk wees en daarom word die Legend-tapkarre vervaardig met ’n versterkte onderstel wat meer graan kan hou. Die kante word ook nie aan mekaar vasgesweis nie, maar bestaan uit los panele wat met boute aanmekaar vasgemaak word. Dit voorkom krake aan die tapkar en maak herstel sommer baie vinniger. In plaas daarvan om die hele kar te herstel, kan jy nou net die beskadigde paneel afhaal en vervang.
Die Legend-tapkarre kom ook met ’n direkte aandrywingratkas en ’n swaardiens-aandryflyn wat werkverrigting verseker en die perdekragvereiste verminder. Die behoorlik gebalanseerde disselgewig verminder ook die spanning op jou trekker se trekstang.

Die Agri Afrika Legend CB30 tapkar.
Legend CB23 spesifikasies:
- Kan ’n volume van 23 000 ℓ hou
- Het ’n 475 mm- deursnee awegaar
- Het ’n aflaaityd van 1,4 minute
- Die standaard awegaar se uitlaaihoogte is 3 785 mm
- Die verstelbare awegaar se uitlaaihoogte is 4 180 mm
Legend CB30 spesifikasies:
- Kan ’n volume van 30 000 ℓ hou
- Het ’n 475 mm- deursnee awegaar
- Het ’n aflaaityd van 2,1 minute
- Die standaard awegaar se uitlaaihoogte is 3 755 mm
- Die verstelbare awegaar se uitlaaihoogte is 4 350 mm
Legend CB40 spesifikasies:
- Kan ’n volume van 40 000 ℓ hou
- Het ’n 475 mm- deursnee awegaar
- Het ’n aflaaityd van 2,8 minute
- Die standaard awegaar se uitlaaihoogte is 4 150 mm
- Die verstelbare awegaar se uitlaaihoogte is 4 580 mm
Om meer oor die Legend-tapkarre of Agri Afrika en hulle wye reeks ander produkte te leer, besoek gerus hul webtuiste by www.agriafrika.co.za