Categories: News, Stock and game farmingPublished On: 6th February 2015

OBP- sekere entstof is daar, ander nie

By 2 min read
342 words

OBP (Onderstepoort Biologiese Produkte) het sedert hulle vorige verslag van 12 Januarie by hulle woord rakende bloutong A en B gehou. Die entstof was teen die einde Januarie beskikbaar.

OBP het op 30 Januarie ‘n opvolgverslag uitgestuur om die stand van hulle voorraadvlakke bekend te maak.

Die Biotech-vervaardiger het vroeg in Desember 2014 10 000 bloutong C-eenhede (1-miljoen dosisse) geproduseer wat versprei is en waarvan 700 000 dosisse verkoop is.

Om die boere wat bloutong C gebruik het te vergoed, is daar 700 000 eenhede Bloutong A en B versprei wat ten tyde van die uitreiking van die verslag na die verskillende afsetpunte landswyd versprei is. OBP sal slegs gelykstaande hoeveelhede van die A en B-entstowwe aan die boere verskaf en doen ’n beroep op die boere wat met bloutong C ingeënt het, weer met sowel bottel A as B in te ent om die serotipes wat nie deur C beveg word nie te dek.

Sedert die eerste week in Desember het OBP ongeveer 5 700 eenhede (68 400 dosisse) perdesiekte-entstof beskikbaar gestel en ’n verdere 1 500 eenhede (18 000 dosisse) is beskikbaar vir onmiddellike verspreiding. Volgens hulle jongste verslag was ongeveer 1 665 (19 980 dosisse) 12-pakeenhede gereed om verpak te word en was op pad na die verskillende verspreidingspunte regoor die land. Die aantal wat nou versprei word, sal die agterstand dek asook ekstra dosisse vir onverwagte uitbrake.

Volgens hulle vorige verslag sou driedaestywesiekte (B-Phemeral) se entstof teen einde Januarie beskikbaar wees, maar volgens die jongste verslag word dit steeds getoets en die beskikbaarheid daarvan sal later bekendgemaak word.

Ongeveer 16 000 eenhede van die dubbelpak brusselose-entstof is nou beskikbaar vir onmiddellike verspreiding. OBP raai boere aan om die entstof in die nuwe verpakking te koop omdat dit geriefliker en meer koste-doeltreffend is.

Chlamysure is nog in produksie en die afleweringsdatum sal later bekendgemaak word, net soos die vorige verslag aangedui het.

Vir verdere inligting kan dr Jacob Modumo by 012-522-1500012-522-1500 of 082-574-1115082-574-1115 geskakel word. Mnr Ben Erasmus by Bayer kan ook by 082-800-9064082-800-9064 geskakel word.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0