Categories: NewsPublished On: 10th June 2016

NWKV-skeeropleidingspan verower vele medaljes

By 1 min read
118 words

NWKV

Die NWKV Skeeropleidingspan het besonder goed presteer by die jaarlikse SASSF Kampioenskap wat onlangs in Bloemfontein plaasgevind het.

Sameul Nkomoyi (agterste ry regs) het derde gekom in die SA Handskeerafdeling en is gekies as die reserwe handskeerder vir die SA span wat Februarie 2017 in Nieu-Seeland gaan deelneem. Themba Khoza (links voor) het in beide die SA en SA Ope Masjienafdeling die silwer medaljes gewen, en is ook ingesluit in die SA span. Andries Nkahle (regs voor) het vir die semi-finaal van die SA Ope Masjienafdeling gekwalifiseer (maw onder top 12 in SA). Verder het die NWKV masjienskeerspan wat bestaan uit Themba Khoza, Andries Nkahle en Izak Klopper (agterste ry middel) die silwer medalje verower in die spankompetisie.

Bron: NWKV

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0