NWKV gee leisels oor
‘n Raakvatter wolboer en ondervoorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), Guillau du Toit van Fraserburg, is onlangs verkies om die leisels by Harry Prinsloo oor te neem as nasionale voorsitter van die NWKV.
Casper Labuschagne, die huidige voorsitter van die Oos-Kaap Wolkwekers, is as ondervoorsitter (kommersieel) verkies en Sipiwo Makinana is as ondervoorsitter (kommunaal) herverkies.
“Ek gaan in die voetspore van my voorgangers volg om dieselfde hoë gehalte van werkverrigting binne die NWKV te handhaaf en ek maak staat op die kennis en vaardigheid van ons personeel, my uitvoerende komitee en elke wolprodusent om hierdie taak te vervul,” sê mnr du Toit.