Categories: NewsPublished On: 30th March 2017

NWKV bekommerd oor die standaard van wol

By 1 min read
179 words
wol

wol 2 uitstaande

Volgens verslae deur lede van die “South African Wool & Mohair Buyers Association” (SAWAMBA), blyk dit dat daar ‘n besliste afname in die gehalte van klassering van die Suid- Afrikaanse skeersel is. Daar is wel ‘n afname in besoedeling nadat strenger maatreëls ingestel is, maar daar is rede tot kommer oor insidente van:

  • Sweetwol in hooflyne wat dui op swak afranding
  • Swarthaar en kemp wat dui op wol van kruisteling wat nie na behore geskei en gemerk word nie
  • Besoedeling van baaltou en plastiek wat dui op swak skeerhokbestuur

“Ek  doen dus hiermee ‘n beroep op produsente om hierdie aanmaning in ‘n ernstige lig te sien en hulle betrokkenheid by die skeerproses op te skerp en verantwoordelikheid te neem vir die bestuur van die proses. Hierdie verantwoordelikheid kan nie alleen aan die skeerkontrakteurs en klassers oorgelaat word nie.

“Dit is uiters belangrik dat ons  voorkomend optree om ons Suid-Afrikaanse skeersel  se standaard van klassering te behou op ‘n vlak waar Suid-Afrika steeds kan roem op die kwaliteitstatus van ons skeersel,” sê Guillau du Toit, nasionale voorsitter.

Bron: NWKV

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0