Nog ʼn boer van Noordwes sterf in plaasaanval

witkruismonument web
ʼn Boer van Lichtenburg is die tweede binne ʼn maand wat koelbloedig in ʼn plaasaanval in die Noordwes-provinsie doodgeskiet is.
Hanno Steyn (46) is op Vrydag, 16 Junie, deur drie onbekende mans wat skynbaar in slaggoed belanggestel het, op die plaas aangeval. Hanno is oorrompel waarna hy en sy ma, Sagie Steyn (75), in die huis vasgebind is en die verdagtes kontant geëis het.
Luidens berigte is Hanno in die kop geskiet voor die mans gevlug het. ʼn Plaaswerker kon vir Sagie te hulp snel en die polisie is ontbied.
“NWK betreur die sinnelose moord op nog ’n produsent in ons onmiddellike omgewing. Die gevolge van sulke gebeure het ’n wesenlike impak op die ekonomie en is nie bevorderlik vir harmonie tussen mense nie,” het Heinrich Krüger, voorsitter van NWK gesê.
Bron: NWK