New Holland trekkers in volle glorie op Balfour Hooidag 2024

18
Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder van New Holland vertel van die nuwe veranderinge wat op die T6000 trekkerreeks gemaak is.
New Holland se T6050 delta trekker maak nou gebruik van knoppies om te versnel. Jy hoef glad nie meer die koppelaar te gebruik nie! Dit maak dit aansienlik geriefliker vir die operateur van die gereedskap.
Die 6070 plus trekker het ‘n 16 x 16 ratkas en is ‘n ideale intree trekker vir al jou planters.
New Holland se T6000 klassieke reeks is nou beskikbaar met die volle bestuurstelsel. Hierdie trekkerreeks kom met ‘n twee jaar, 2000 uur waarborg.
Vir meer inligting, besoek https://agriculture.newholland.com/africa/en-za.