Nedbank Winterton maak ‘n in-die-winkel-tak oop

nedbank 2
Nedbank het vandag amptelik sy jongste in-die-winkel-tak by Hinterland in Winterton bekend gestel. Nedbank is toegewy daaraan om toegang tot bankdienste in groeiende gemeenskappe regoor Suid-Afrika te verhoog en is tans die enigste bank wat bankdienste in ‘n winkel in Winterton, ‘n klein dorpie teen die Tugela-rivier, bied.
“Hierdie vennootskap sal die plaaslike boeregemeenskap en klein organisasies toelaat om toegang tot bankdienste te hê sonder om na groot winkelsentrums te reis en so gerieflike bankdienste te skep,” sê Craig Evans, Afdelingshoof: Handel en Sake Bankdienste.
Volgens Craig stel die een-stop-winkel-model kliënte in staat om hulle bankdienste uit te voer in hulle gemeenskappe. “Dit stel ons ook in staat om bekostigbare en skeppende bankdienste en geriewe te voorsien.”
Nedbank glo dat geld wat goed bestuur is ‘n werklike verskil kan maak in mense se lewe.
Die takke bied ‘n reeks produkte en dienste. Die reeks het transaksierekeninge, spaarrekeninge, begrafnisplan en persoonlike lenings. Die takke het opgeleide personeel wat die kliënt help om ingeligte besluite te neem. Kliënte trek voordeel uit die onttrekking van geld by die kassier en uit langer bankure.
Bron: Nedbank