Nasionale RPO verkies nuwe vise-voorsitters

rpo vise-voorsotters
Links na regs voor: James Faber (Eerste Vise-voorsitter); Koos van der Ryst (Voorsitter); Gerhard Schutte (HUB). Agter: Willie Clack (Tweede Vise-voorsitter)
Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie het tydens sy uitvoerende raadsvergadering wat vandeesweek in Bloemfontein gehou was, twee nuwe vise-voorsitters, aangewys.
James Faber van die Noord-Kaap, wat die tweede vise-voorsitter was, is nou eerste vise-voorsitter in die plek van dr Pieter Prinsloo, wat nie beskikbaar was vir herverkiesing nie. Willie Clack van Gauteng is as tweede vise-voorsitter van die organisasie verkies.
Koos van der Ryst van die Noord-Kaap bly aan as voorsitter van die nasionale RPO. Dié posisie word tydens die organisasie se tweejaarlikse kongres gevul. Tydens die vergadering het die Uitvoerende Raad ‘n mosie van dank aanvaar vir die reuse bydrae wat dr Pieter Prinsloo in sy ampstermyn gelewer het, nie net aan die RPO nie, maar ook aan die rooivleisbedryf in die geheel. Hy het aangedui dat hy weens persoonlike en professionele redes nie verder beskikbaar is om in die RPO se uitvoerende raad te dien nie, hoewel hy steeds ‘n gewaardeerde lid van die RPO sal bly.
Die kontakbesonderhede van die RPO se nuwe dagbestuur is as volg:
Hoof uitvoerende beampte – GM Schutte, 012-349-1102, 082-556-7296
Voorsitter – Koos van der Ryst, 083-303-7926
Eerste Vise-voorsitter – James Faber, 083-2922556
Tweede Vise-voorsitter – Willie Clack, 012-346-2837, 082-574-2653
Bron: RPO