Categories: NewsPublished On: 22nd May 2017

Nasie in Gesprek plaas die kollig op oplossings vir grondkwessies

By 2 min read
433 words
Nasie in Gesprek

nasie in gesprek 2

Die tweede sessie van Nasie in Gesprek op dag een van die Nampo Oesdag was ʼn voortsetting van die omstrede en politiese tema “Oplossings vir Grondkwessies”. 702/Cape Talk aanbieder, Eusebius McKaiser het hierdie onderwerp getakel met paneelgaste soos: Roelf Meyer (In Transformation Initiative); Phile van Zyl (ZZ2); Prince Mashele (Politieke Ontleder); Johannes Moller (Agri SA) sowel as Mike Mlengana (DG – Departement van Landbou, Bosbou en Visserye).

Roelf het gesê dat ʼn goeie vertrekpunt is “om die verskillende rolspelers bymekaar te bring en ons moet ook kyk na die stedelike grondhervorming, nie net die van landbougrond nie.”

Die eerlike en vrymoedige aard van die besprekings het weereens geseëvier met die DG wat gesê het dat swart eienaarskap van grond ʼn sleutelkwessie is. “Daar is 450 swart kommersiële produsente, maar dit bly ʼn bron van pyn dat baie van hierdie produsente nie die grond besit nie. As regering moet ons baie ernstig na hierdie kwessie kyk, en ons sal ook. Swart produsente kan nie produktief wees sonder titelaktes nie.”

Phile het bygevoeg dat die bestuur van ʼn landboubesigheid baie kompleks is. “Ons het ʼn goeie wetgewingsraamwerk, sodat ons die grondhulpbronne kan optimaliseer. Landbou het ʼn baie komplekse waardeketting en dit moet behoorlik bestuur word.”

Johannes Moller het die punt gemaak dat die “huidige grondverdeling het nie as resultaat van die mark ontstaan nie, so hervorming is ʼn gewewe om dit reg te stel, maar voedselsekuriteit is kardinaal en ons moet dit op ʼn volhoubare manier doen.

Vennootskappe moet die beginpunt wees vir die volgende dekade om te verseker dat grondhervorming ʼn ekonomiese en lewensvatbare proses word.”

Prince sê dat “deel van die probleem was dat regeringsdepartemente soos Nie-regeringsorganisasies optree, indien ons nie die kwessies van eienaarskap en titelaktes oplos nie kan ons as gevolg van die oorheersende politieke klimaat, die pad van Zimbabwe loop.”

Die DG het die paneel verseker dat “vennootskappe in die privaatsektor ʼn regeringsposisie is. Daar is baie dinge wat gebeur en ek is besig om beïndruk te word… Ek sal dit met my kollegas opneem…ons plaas praktiese opleiding in plek en maak ook befondsing beskikbaar…en ek nooi die privaatsektor uit om sonder vrees vennootskappe met die regering te vorm.”

Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube. Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.

Uitgereik deur: Marlon Abrahams

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0