NAMPO-nuus (vervolg):
ProAgri het op NAMPO by ‘n wye verskeidenheid uitstallers gaan inloer en ‘n klomp dinge gesien wat die boer se lewe heelwat makliker kan maak. Lees hieronder meer oor Horsch, STARCO, Emfuleni Skale, Senter 360, N1 4×4 en Ritlee.
Horsch
Nuut by Horsch se NAMPO-stalletjie was hulle Pronto 4DC-koringplanter wat ewe goed vir geen-, minimum en konvensionele bewerking werk. Die Pronto werk vinniger, makliker, veiliger en akkurater. Sy groot saad- en kunsmistenks verseker lang, ononderbroke planttyd teen ‘n snelle werkspoed van 10 tot 20 km per uur.
In die middel steun die planter op ‘n ry groot bande aan ‘n starre as om ‘n gelyke saadbed te vorm en om padvervoer maklik te maak. In die werksposisie loop een band altyd voor twee kouters regoor die breedte van die hele planter. Die DiscSystem sorg vir goed losgemaakte, gelyke, fyn saadbed. Dit is maklik om die planter te kalibreer en om tussen verskillende soorte saad oor te skakel. Hy draai kort en vereis min instandhouding.
Willie Stols en Johan Nothnagel van Horsch staan voor die reuse werktuig.
STARCO
Boere het bande nodig vir al hulle werktuie op die plaas. STARCO bied boere toegang tot trekkerbande aan die voorpunt van tegnologie met vier nuwe soorte bande wat oor die afgelope twee maande bekendgestel is. STARCO gee boere ook die regte raad oor alles wat nodig is om die beste band te kies en die beste diens daaruit te kry. Hierdie vertel Blackie de Swardt vertel vir boere meer oor die bande.
Emfuleni Skale
Emfuleni bied verskillende skale aan boere soos hangskale, skale wat etikette druk, karkas-skale, groot weegskale, visvangskale, kombuisskale, platformskale, bees- en skaapskale en weegbrûe. Emfuleni Skale onderneem ook die herstelwerk, kalibrering, sertifisering en sagtewarevoorsiening van skale. Hulle weegbalkies is so ontwerp dat dit maklik en vinnig betroubare werking verseker. Die onderdele is vryelik beskikbaar en kan deur enige kundige persoon versien word. “Ons het ook ‘n koordlose interkom na jou huis of selfoonnommer indien iemand by jou hek van jou plaas wag sodat hulle jou kan skakel om in te kom,” sê Johan Matthee.
Senter 360
Jakkie Oosthuizen verduidelik aan boere presies hoe spilpunte werk, want spilpunte is tegnologie wat verstaan moet word. Senter 360 het ook hulle eie spesiale spilpuntbande ontwikkel waarop hulle naam staan. Die bande is vanjaar by NAMPO bekendgestel. “Baie jare se tegnologie is daarin, en die boer sal die voordeel daarvan geniet,” sê Jakkie.
N1 4×4
Volgens André Changuion, sakebestuurder van N1 4×4, was hulle baie besig by NAMPO, veral die Woensdag. Hulle het vanjaar ‘n groter stalletjie gehad en hulle klerereeks uitgebrei. “Lojale Land Cruiser-aanhangers koop veral graag vir hulle Land Cruiser-hemde.” Daar is ‘n wye verskeidenheid in die klerereeks, soos kinderklere, stewels en gordels. André staan self in die winkel en bemark die N1 klerereeks. Daar was ook baie tegniese navrae asook nuwe belangstelling in die reeks Land Cruiser parte beskikbaar by N1 4×4. By hom is Xander Pieterse van ProAgri.
Ritlee
Ritlee se Termight 225-kerwer was die werktuig wat die meeste aandag by hulle NAMPO-stalletjie getrek het. Hierdie kerwer help om in die droogtetyd voer vir diere te maak. Marc Custers wys hoe die voer lyk wat uit die kerwer kom.







