Categories: NewsPublished On: 26th May 2016

NAMPO-nuus (vervolg): Van landbou tot naskoolse opleiding

By 3 min read

ProAgri het op NAMPO by ‘n wye verskeidenheid uitstallers gaan inloer en ‘n klomp dinge gesien wat die boer se lewe heelwat makliker kan maak. Lees hieronder meer oor LA Sport, Noordwes-Universiteit, UNISA en AFROX.

LA Sport

LA Sport het vanjaar by NAMPO ‘n lekker groot tent opgeslaan met baie produkte in om aan die boere te wys wie en wat hulle is en wat ‘n mens alles kan doen om van jou bakkie die spoggerigste ryding in die kontrei te maak. Lionel Lewis sê om regstreeks met bakkie-eienaars by NAMPO te praat, is die beste bemarking. Indien boere hulle Toyota-bakkies wil opkikker, is LA Sport die regte plek om te besoek. Hulle het al die toerusting en bykomstighede waarvan ‘n man maar net kan droom.

16

Noordwes-Universiteit

Daar is nie net toerusting, werktuie en diere by NAMPO nie, maar ook goeie universiteite wat ouers en jongmense lok. Die NWU, vroeër jare bekend as PU vir CHO, bestaan uit die Potchefstroom-, Mafikeng- en Vaaldriehoekkampus. Mafikeng het spesifiek ‘n landboukampus heelwat aandag by NAMPO getrek het. Die NWU het voornemende studente, huidige studente, ouers, leerlinge en alumni by hulle stalletjie gehad. Veral hoërskoolleerlinge kom vind uit watter vakke hulle vir die laaste drie skooljare moet neem om gereed te wees vir studie en ‘n loopbaan. Daar was aansoekvorms beskikbaar wat voornemende studente kon invul. “Die kursusse het vandag so uitgebrei en verander, ouers weet nie meer wat die vereistes daarvoor is nie en moet self navorsing doen sodat hulle kinders die regte besluite kan neem. Baie leerlinge stel ook in die beurse wat ons aanbied belang, veral sportbeurse,” sê Johan Pyper van die NWU se Potchefstroomkampus. Piet van Wyk van Vaaldriehoekkampus en Johan by hulle smaakvolle uitstalling.

17

UNISA

UNISA het ook talle voornemende studente gelok, veral jongmense en skoolkinders. “Baie seuns is op ‘n familieplaas, maar hulle wil iets studeer wat hulle kan help om dit te bestuur,” sê Barileng Leonard Mogeje, dosent by UNISA. “Ons het groen gegaan en studente aangemoedig om hulle aansoeke aanlyn te gaan invul op ons webtuiste.”

18

AFROX

By AFROX gaan dit daaroor om iets terug te gee aan die boeregemeenskap. Hulle is ‘n leier in gas- en boogsweisoplossings. “Ons het reuse afslag op ons Vitemax-produkte gegee en ‘n blad gedruk met spesifiek net NAMPO-afslag,” sê Francois Botes. In hulle standplaas het hulle ‘n vervaardigingsarea gehad waar besoekers elke dag aan ‘n sleepwa kon gaan help bou. Elkeen sweis ‘n ander deel van die sleepwa by. “Die sleepwa is van niks af begin en ons help die mense indien hulle sukkel.” Dan was daar ‘n I got branded-afdeling waar besoekers gratis sleutelhouers kon kry met die drie woorde eish, huis en bakkie daarop. AFROX het ook ‘n aanlynwinkeltoepassing en die AFROX-gelukbringer het gesorg dat niemand die uitstalling misloop nie.

19

20

21

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0