Categories: NewsPublished On: 25th May 2016

NAMPO-nuus: Van saad tot stroop

By 3 min read
483 words

feature

In ons staptog deur NAMPO loer ons vervolgens by Klein Karoo Saadbemarking in, bewerk die grond saam met Agri Afrika en stroop met CLAAS.

K2Agri

Rudi Kuschke en Willem Engelbrecht van Klein Karoo Saadbemarking sê hulle is goed geposisioneer om enige uitdagings van die natuur die hoof te bied, omdat hulle so ‘n wye saadpakket het. Rudi sê baie boere wat gewoonlik graan sou plant, maar as gevolg van die droogte die plantvenstertyd misgeloop het, het hom vanjaar geskakel om raad te kry oor weiding- en voeraanplantings. Die groot veevoernood het boere ook weer laat besef dat daar altyd voorsiening gemaak moet word vir maer tye. Klein Karoo is gereed met saad vir wintervoer wat nog aangeplant kan word, maar dit is nou ‘n goeie tyd om beplanning vir die somer se aanplantings te doen. En as boere groente wil plant, hoef hulle ook nie verder te soek nie. Soos Rudi sê: “Almal moet eet, so mense moet plant!”

k2agri

Agri Afrika

Subsoiler1

Great Plains se Subsoiler is nou vir ‘n goeie 4 000 hektaar in Suid-Afrikaanse omstandighede getoets, vertel Marius Tolmay van Agri Afrika. Hy sê daar kan geen twyfel wees oor die masjien se volhoubaarheid nie. Die Subsoiler kan tot 450 mm diep werk en is beskikbaar in ‘n 6- tot 12-ryweergawe, met rywydtes van 76 of 90 cm. Die Subsoiler benodig 35 kW/tand. Die masjien is ook geskik vir toepassings soos die toediening van ammoniakgas.

agri africa met marius

Subsoiler2

Een van die groot voordele is dat die Subsoiler se tande in ‘n reguit lyn saam vorentoe beweeg in teenstelling met baie ander grondbrekers. Dit help dat die grondprofiel egalig opgebreek word.

agri africa

CLAAS

Die CLAAS-uitstalling was ‘n treffende uitbeelding van hulle tema, Duitse tegnologie en doeltreffendheid. Netjies in gelid het die stropers, waaronder die nuwe Tocano 580 (wat die ou 480 vervang), die trekkers met die wêreldklas Xerion as voorloper en die hooimaaktoerusting aangetree in die CLAAS-groen linie. By die hooimaaktoerusting het die Jaguar-kuilvoerkerwer met sy Shredlage®-verwerker die kollig gesteel. Lees meer oor hierdie tegnologie in ProAgri 195 of kliek hier.

claas

Die Tucano 580 gaan van strooptyd een groot plesier maak. Hier is so paar van die eienskappe wat die 580 in ‘n ander klas plaas:

  • Die oorlaai-awegaar is nie meer onder langs die kant nie, maar bo vir groter beweeglikheid, sigbaarheid en beheer vanuit die kajuit.
  • Die aflaaispoed is tot 105 liter/sekonde, maar aflaai is net nodig wanneer die graantenk van 9 000 liter vol is!
  • Sowat 70 tot 80 ton mielies kan per uur met die reus gestroop word.
  • Die enjinkrag is 260 kW, wat veral help om stroopwerk teen skuinstes glad en glipvry te laat vlot.
  • Die brandstofverbruik is ekonomies en word meer ekonomies met al die presisiestroopeienskappe soos outomatiese stuur en -draai en laserbeheer vir kleingraanstroop. Die laserbeheer maak seker dat die tafel reg langs die vorige gestroopte baan beweeg en enige onnodige rywerk word dus uitgeskakel.
  • Kyk gerus hier na meer inligting oor die aandrywing en ‘n video wat die stroper in aksie wys.

claas 2

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0