NAMPO 2025: Jerrycar bied boere slim brandstofoplossings

IMG_3907
By NAMPO het besoekers eerstehands gesien hoe Jerrycar se produkte nie net gehalte en betroubaarheid bied nie, maar ook ontwerp is om met gemak in boerderypraktyke ingeskakel te word. Die span het boere se vrae vriendelik en kundig beantwoord en in hulle uiteenlopende behoeftes help voorsien.
Tyd, akkuraatheid en veiligheid is ononderhandelbaar in die wêreld van moderne boerdery. Dit is presies hoekom Jerrycar, die Vrystaatse vervaardiger van brandstofhanteringstoerusting, boere se vertroue oor die hele land wen. Sedert sy stigting in 2008 het Jerrycar hom onderskei met praktiese, robuuste en gebruikersvriendelike oplossings vir die berging en hantering van diesel en ander vloeistowwe op plase.
By NAMPO het Jerrycar weer gewys hoekom hulle ‘n vaste rolspeler in die landboubedryf is. Bo en behalwe spesiale uitstallingaanbiedinge, het hulle elke dag ‘n unieke kompetisie gehou: die eerste klant by hul stalletjie het ‘n vetspuit gewen – ‘n klein, maar kragtige hulpmiddel wat enige werktuigkundige of boer se dag kan maak. Hierdie skeppende betrokkenheid het nie net die aandag getrek nie, maar ook Jerrycar se verbintenis tot waarde vir hulle klante beklemtoon.

Die span van Jerrycar.com verduidelik aan boere hoe hulle produkte kan help om brandstofvervoer op hulle plase te vergemaklik.
’n Produkreeks wat saam met die boer groei
Jerrycar se handelsmerkprodukte is hulle mobiele brandstofwaens, beskikbaar in groottes van 630, 1 100, 1 800 en 2 200liter. Elke wa is ontwerp met die praktiese behoeftes van boere in gedagte: maklik vervoerbaar, sterk gebou, en 100% padwaardig volgens Suid-Afrikaanse wetgewing. Hierdie waens kom met hoë-gehalte pomptoerusting en word aangevul met ‘n wye reeks bykomstighede, van filters en meters tot verskillende spuitstukke.
Hulle produkte sluit ook elektriese pompe, handpompe en spesialisoplossings vir die hantering van AdBlue, water en selfs chemikalieë in. Jerrycar verstaan dat doeltreffende vloeistofhantering ‘n kernaspek van moderne boerdery is, veral in ‘n era waar tegnologie, presisie en nakoming van regulasies belangriker as ooit is.
Skeppinsvernuf wat die toekoms omarm
‘n Goeie voorbeeld van Jerrycar se vooruitdenkende benadering is hulle integrasie van AdBlue-tenks in hulle brandstofwaens. Dit is ‘n belangrike vereiste vir moderne dieselenjins wat voldoen aan strenger uitlaatgasstandaarde. Dit wys hulle vermoë om saam met die tegnologie in die landboubedryf te groei.
By NAMPO het besoekers eerstehands gesien hoe Jerrycar se produkte nie net gehalte en betroubaarheid bied nie, maar ook ontwerp is om met gemak in boerderypraktyke ingeskakel te word. Die span by het boere se vrae vriendelik en kundig beantwoord en in hulle uiteenlopende behoeftes help voorsien.

Koos Muller, bestuurder van Jerrycar.com en AJ Botma, tegniese bestuurder, was twee van die spanlede wat boere by die stalletjie verwelkom het tydens NAMPO.
‘n Sakeonderneming met ‘n boerehart
Jerrycar is ‘n familiegedrewe onderneming wat verstaan hoe boerdery werk, omdat hulle wortels in die landbou lê. Elke produk en diens wat hulle aanbied getuig van hierdie praktiese insig.
Hulle dogtermaatskappy, Jerrycar Parts, is gestig om vinnige toegang tot onderdele te verseker. Dit is nog ‘n teken van hulle klantgesentreerde benadering.
Betroubare ondersteuning, ongeag jou ligging
Met ‘n klantebasis wat strek van plaaslike boere tot internasionale klante in Namibië, Botswana, Mosambiek en verder, het Jerrycar bewys dat hulle oplossings universeel werk, maar altyd met ‘n plaaslike geur. Of jy op die Hoëveld boer of ‘n wynplaas in die Wes-Kaap bestuur, Jerrycar het die toerusting en kennis om jou te ondersteun.
Vir meer inligting, besoek www.jerrycar.com, stuur ‘n e-pos na info@jerrycar.com of volg hulle op Facebook by facebook.com/jerrycarcc vir opdaterings, wenke en spesiale aanbiedinge.