Categories: Artikels, Besproeiing, GewasproduksiePublished On: 9th December 2019

’n Boer maak ’n plan: Reinke-spilpunte dien meer as water toe

By 2 min read
443 words

reinke 1

Mark Thiele van die Thiele Estates-boerdery naby Paulpietersburg is ingenome met die Reinke-beheerkas met sy weerstasie wat hom in staat stel om die spilpunt doeltreffend te beheer en optimaal te benut.

Meer as net ’n voortreflike waterplaser – dit is wat Mark Thiele van Paulpietersburg se Reinke-spilpunte vir hom is. Mark boer met 1 150 varksôe en hy plant mielies, hawer en soja om te voer. In die winter plant hy ook koring om aan die mark te lewer. Vir die afgelope vier jaar is Mark-hulle tevrede kliënte van Reinke.

“Ons het twee spilpunte van Reinke hier; een vier-toring en een vyf-toring,” vertel Mark. Die rede hoekom hulle juis op Reinke besluit het, was as gevolg van die hoë gehalte van die versinkte pype. “Die doel is om die varkmiswater deur die spilpunte te spuit,” verduidelik Mark.
Hoe die stelsel op die oomblik werk, is dat die varkmis opgegaar word en dan deur ’n reeks siwwe beweeg om die soliede afval van die gryswater te skei. Die soliede afval word gebruik om kompos te vervaardig en die gryswater word met behulp van kruipspuite op die lande gespuit.

Reinke se RPM-raakskerm gebruik die tegnologie om die beheerstelsel gebruikersvriendelik te maak.

“Ons wil graag hierdie gryswater deur die spilpunte ook gebruik,” sê Mark. Om te verhoed dat die gryswater verstoppings veroorsaak, gaan dit deur ’n 50-mikron sif voordat dit na die spilpunt se sprinkelaars gepomp word. Die gryswater word ook met skoon water verdun.

Reinke se gevorderde, maar betroubare en maklik-verstaanbare ReinCloud-program beheer die hele stelsel. Dié program stel Mark in staat om die spilpunte met sy slimfoon te beheer. “Dit is baie gebruikersvriendelik en gee my baie verskillende opsies,” sê Mark.

Wat naverkopediens en onderhoudswerk betref, is Mark baie tevrede. Hy vertel dat hy in die afgelope vier jaar nog geen probleme met die produkte of die diens ervaar het nie. Die stelsel is gebruikervriendelik en winsgewend, en laat die boer toe om met groter akkurraatheid te besproei.

Volgens die Reinke-verteenwoordiger, Ralph Klingenberg, lê die geheim van doeltreffende beheer in die elektroniese komponente van die Reinkespilpunte.

Die Reinke-spilpunt se versinkte pype sal Mark in staat stel om gryswater vanaf die varkhokke op die lande te besproei sonder om die spilpunt te beskadig. Natuurlik gaan die gryswater eers deur siwwe om vastestowwe te verwyder sodat dit nie die sprinkelaars verstop nie.

“Die elektronika is van die hoogste gehalte en daar word nie goedkoop ompaaie gevolg nie.”

Die spilpunt se beheerkas spog met die nuutste raakskermtegnologie en is selfs toegerus met ’n weerstasie wat die weersomstandighede dophou sodat jy jou besproeiing akkuraat kan beplan sonder om te mors of plante dors te laat ly. Mark gebruik al die inligting wat hierdie stasie opneem om ingeligte besluite te neem.

Vir enige verdere inligting kan Patrick Ellis gekontak word by 031-350-4525 of stuur ’n e-pos aan patrickellis@reinke.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0