Categories: NewsPublished On: 30th March 2016

Monsanto gee terug aan die gemeenskap

By 1 min read
114 words

monsanto skenking 2

Tydens die Monsanto Vrouedae in 2015 het die DEKALB-boere en hulle eggenote ruim bygedra met skenkings van toiletware en persoonlike benodigdhede vir vroue en kinders in nood wat onder die sorg van die SAVF (Suid-Afrikaanse Vroue Federasie) is.  Hierdie skenkings is in Maart aan die SAVF oorhandig. 

“Dit is ongelooflik om te besef dat so iets kleins wat ons as vanselfprekend aanvaar in ons alledaagse lewens, soveel vir mense kan beteken,”  sê Magda du Toit, kommunikasiebestuurder van Monsanto SA.

Maatskaplike werkers van die SAVF in Pretoria by van die skenkings vanuit die landbougemeenskappe in Suid-Afrika wat aan hulle oorhandig is deur Monsanto, saam met Magda du Toit van Monsanto en Milanie Vosloo van UPPE Marketing.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0