Categories: NewsPublished On: 28th January 2016

Moenie kos eet wat te oud is nie

By 1 min read
177 words

mpo_logo09

Die Melkprodusente Organisasie (MPO) sê in hulle Melkbulletin dat histamien in kaas verbind word met siektes. Volgens die verslag word histamienvergiftiging veroorsaak deur die eet van kos wat reeds begin vrot word en ook weens fermentasie gedurende die maak van sekere kase en worsies. Die gebruik van swak kwaliteit roumateriaal, mikrobiese besoedeling, nie-geskikte toestande waarin voedsel verwerk word en swak bergingstoestande kan lei tot hoër amiene in voedsel. Kyk dus mooi wat jy eet.

Die melkbulletin sê ook volgens ’n onlangse verslag wat deur die Voedselstandaardagentskap in Brittanje vrygestel is, is 20 gevalle van siekte wat verbind word met histamien tussen 2008 en 2015 aangemeld.

Verder het die Melkbulletin uitgebrei oor die gedrag van koeie, wat ‘n goeie aanduiding gee van die  gesondheidstoestand van die koei. Veeartse gebruik afwykings van normale gedrag as ’n diagnostiese aanwysing om die gesondheidstatus en welstand van koeie te bepaal. Aangesien melkopbrengs en die koei se welstand negatief deur omgewingsfaktore beïnvloed word, moet melkprodusente die natuurlike gedrag van koeie ken en weet hoe om ’n probleem te identifiseer.

 

Bron: MPO se Melkbulletin

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0