Categories: NewsPublished On: 9th June 2017

Mieliehulp aan boere in droë Noord- en Wes-Kaap

By 1 min read
163 words

droogte mielies

Die knellende droogte wat tans in die Noord- en Wes-Kaap heers, spesifiek in Namakwaland en Boesmanland, noodsaak optrede. NWK gaan dus ʼn inisiatief deur ʼn groep boereuit die Hoopstad-omgewing om mielieskenkings in te samel en aan te ry, ondersteun. Klante kan ook nou deur die NWK-silo’s ʼn mielieskenking maak.

“Voerskenkings wat produsente van die Noordwesprovinsie gedurende 2016 tydens een van die ergste droogtes ooit van wyd en syd ontvang het, is nog vars in die geheue. Hierdie is ʼn geleentheid om toe te tree en medeprodusente in nood by te staan. NWK sal ‘n bedrag van R50 000 bydra tot die logistiek om die graan by die onderskeie punte af te lewer,” het Heinrich Krüger, voorsitter van NWK, gesê.

’n Leweringsrekening met die rekeningnaam Wes- en Noord-Kaap-Droogtehulp (nommer X980422WND) is geskep waarteen NWK se boere kan lewer as ‘n skenking tot die droogtehulp.

Navrae in verband met die lewering van die mielies kan aan enige van NWK se silobestuurders gerig word.

 Uitgereik namens NWK deur Infoworks

0
Views: 318Comments Off on Mieliehulp aan boere in droë Noord- en Wes-Kaap

Deel hierdie artikel.

0