Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 3rd February 2025

Micasa: Wat jy moet weet van jou sonkragstelsel

By 4 min read
764 words

man-5680696_1280

‘n Mens moet na jou beleggings omsien en ‘n sonkragstelsel is beslis ‘n belegging. Net soos wat trekker en ander toerusting gereeld versien moet word, moet jy ook na jou sonkragstelsel omsien. Dit ís immers die lig in jou lewe.

Micasa Energy Solutions spesialiseer in slim oplossings vir al jou energiebehoeftes. Hulle vat hande met hulle klante om die geskikte energie-oplossing vir jou te bepaal, in werking te stel en te onderhou.

Maar hoe onderhou mens dan jou sonkragstelsel? Jorica van Heerden, eienaar van Dynamex Solutions, Reinhardt van Schoor, Micasa Energy Solutions se verkope- en bemarkingsbestuurder vir Suid Afrika en Barend Petzer, Micasa Energy Solutions se sake-ontwikkelingsbestuurder in Afrika deel tien dinge wat jy moet weet:

Moet ek my panele was?

Dit word aanbeveel om jou panele twee tot vier keer ‘n jaar goed te skrop. Dit mag dalk meer gereeld moet gebeur as gevolg van:

  • Die onmiddellike omgewing rondom jou sonpanele. Woon jy op ‘n plaas met baie stof of in die stad? Is jy naby besige paaie? Is daar bome en voëlneste naby jou panele?
  • Die helling waarteen die panele geïnstalleer is. Plat panele moet meer gereeld gewas word.
  • Hoewel reën nie panele skoon was nie, spoel dit tog sommige van die stofneerslae af indien jou paneel nie plat geïnstalleer is nie. Installasies in somerreënvalstreke het minder wasse in die somer nodig as in die winter.
  • Waar kommersiële en nywerheidsondernemings of plase grotendeels van sonkrag gebruik maak, kan dit nodig wees om die panele meer gereeld te was vir doeltreffende energie-opwekking.
  • Vuil sonpanele verminder nie die doeltreffendheid van die sonpanele nie, maar het ‘n groot impak op die duursaamheid van jou panele. Mineraalneerslae kan op die paneel vorm en skade aanrig.

Hoe was jy jou sonpanele?

Sonpanele kan met ‘n sagte borsel en gesuiwerde water, ook bekend as RO/DI-water, gewas word. RO/DI is ‘n filtreerproses wat van alle deeltjies en minerale in water ontslae raak.

‘n Waterversagter kan ook gebruik word, maar dit sal ‘n tweede opsie wees. Bykomende produkte kan gebruik word om byvoorbeeld sementneerslae of verf van panele te verwyder.

Dit belangrik om te verseker dat die produk deur die paneelvervaardigers getoets en goedgekeur is, soos Chemitek se reeks.

Kyk na die omgewing rondom jou sonpanele

Die omgewing om jou sonpanele speel ook ‘n rol. Skaduwees kan beslis jou paneel se doeltreffendheid beïnvloed.

“Dit is belangrik om seker te maak dat panele so lank as moontlik uit die skaduwee bly gedurende die dag om maksimum doeltreffendheid te kry,” vertel Reinhardt.

Hoe gereeld moet jy jou stelsel nagaan?

Jou sonkragstelsel se installasie moet saam met goeie ondersteuning kom en die naverkopepakette bepaal gewoonlik hoe gereeld jou stelsel nagegaan word.

Jy kan egter self vir kleiner dinge uitkyk en probleme voorkom:

  • Wys jou toep en omskakelaar dat krag opgewek word?
  • Raak die kabels na die battery of omskakelaar onnodig warm?
  • Doen minstens een keer per jaar ‘n sonpaneel-stroomvloeitoets ‘string test’.
  • Jy kan twee maal per jaar jou AC/DC-stroombrekers se skroewe styf draai.
  • Doen gereeld inspeksie van die toestand van jou sonpanele, kyk vir krake, verkleuring ensovoorts.
  • Doen ‘n temperatuurinspeksie vir enige warm plekke.
  • Kyk vir voëlneste onder jou sonpanele. Voëlneste bestaan uit droë takke, blare en vere wat kan warm word en ‘n groot brandrisiko inhou.

Hou jou sonkragstelsel koel

In ‘n vertrek waar dit warm kan raak in die somer, kan ‘n HVAC-stelsel geinstalleer word om die temperatuur te beheer.

Sommige vervaardigers se waarborg hang ook af van die temperatuur waarin jou stelsel funksioneer.

Wat om in gedagte te hou voor installasie

Die installasie moet aan SANS-regulasies voldoen.

Wat is ‘n rooi vlag vir jou stelsel?

  • Wanneer jou stelsel geen aktiwiteit wys nie (geen opwekking).
  • Wanneer die battery gou pap raak sonder dat jy baie krag gebruik.
  • In die geval van meer as een battery, indien een battery gouer pap raak as die ander een.
  • Geen beskerming naby jou omskakelaar en battery om krag te ontkoppel nie.

Waar is die swakste plek om jou sonpanele te laat installeer?

Die helling en rigting van jou sonpanele is baie belangrik vir doeltreffendheid en moenie dat hulle suid kyk nie.

Wat om voor te kyk op jou omskakelaar

Jou omskakelaar se onderhoud hang van die vervaardiger af, maar meeste omskakelaars is vir vyf jaar gewaarborg en dit kan tot tien jaar verleng word. Luister ook of jou waaiers ‘n geraas maak. Dit kan beteken hy kan nie meer die las dra nie.

Vir die beste diens en topgehalte energiestelsels, kan jy Micasa Energy Solutions se webtuiste by www.micasa.co.za besoek.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0