Meesterlike ooibestuur: Molatek Wolmeester maak wenwins vir wakker boere

FOTO 1 – LAKTASIE
In Hansiesrivier se lammerkampe versorg lakterende ooie hulle meerlinge ten beste wanneer hulle sowat ՚n maand voor lamtyd Molatek Wolmeester-voermengsel begin gebruik. Foto: Jan Greyling
Medewerker: Jan Greyling
Gelukkige, tevrede ooie beteken goeie lam- en speenpersentasies. Goeie lammers verseker weer volhoubare vleis- en wolwinsgewendheid. Vermeng met ՚n skaapteler se eie of ingekoopte graan, bly Molatek se smaaklike Wolmeester Proteïenkonsentraat ՚n suksesvennoot.
Tussen die golwende Overberg Rûens, net buite Napier, tussen Bredasdorp en Caledon, is samewerking tussen JC Vollgraaff van Molatek en die jong skaapboer, Dirk van Zyl (23) van die plase Hansieskloof en Hansiesrivier, ՚n wenresep.
Meesterlike voedingsbestuur is wat jy sien as jy uitkyk oor Dirk se troppe tevrede Dohne Merino-ooie en stringe gesonde meerlinge. Dis hier waar JC vir Dirk bystaan om optimale produksie vir optimale wins te waarborg. Met hulle eie graan, voldoende weidingskampe en die voermenger is die pot aan die kook. Hoëgehalte gars, koring, hawer en kanola word op die Van Zyls se plase verbou en saam met JC se omvattende unieke voerplan sorg dit vir die beste moontlike ooivoeding.
Dirk vertel dat pa Kosie Hansieskloof in 1995 van oom Kelly Otto gekoop het. Hy was toe plaasbestuurder op die naburige Fairfield. Skaap vir skaap het Kosie sy eie kudde op die nuwe grond opgebou. Die afgelope twee jaar vat

Dirk voor met die skaap waarvoor hy nou aanspreeklik is. Tans boer hy met drie troppe van 300 skaap elk. Jaarliks word 15 tot 18 ramme gebruik, afhangend van uitklassing of die aanskaffing van ՚n nuwe een. In ՚n goeie produksiejaar gebruik
Dirk sowat 50 ton van hulle eie gars vir konsentraatmengsels. Andersins koop hulle in. Hy maak deurentyd tussen 200 en 400 lammers per trop markgereed. Sowel vleis as wol is allerbelangrike inkomstebronne. “Ons wil altyd goeie en baie wol hê. Ons skeer sover moontlik ons ramme, ooie en lammers.”
“As ՚n proteïenkomponent word Wolmeester in verskillende verhoudings (uniek van plaas tot plaas) met gars, korog of mielies gemeng. Dit vorm deel van rantsoene wat gebruik word vir ooie wat lam en as prikkelvoeding om ooie ramgereed te maak. Wolmeester beskerm ook ramme teen nierstene.
Op Hansiesrivier is Wolmeester ՚n voeraanvulling vir lakterende ooie. “Sowat 75% lamgroei vind in die laaste ses weke van dragtigheid plaas. Vanaf 4 tot 6 weke voor lamtyd bevorder Wolmeester fetusgroei en optimale biesmelk- en melkproduksie.
“Dit verhoog die kans op lammers se oorlewing en volhoubare winsgewendheid deur verbeterde massatoename vir verhoogde vleisinkomste. Wolmeester verskaf die regte gehalte proteïene vir verbeterde wolgroei en verhoogde wins.”
JC sê ooie wat Wolmeester gebruik se herbesetting is baie goed en hulle kanse op nog meer meerlinge is beter. Dirk sê hulle ooie se lamproduksie is bietjie geknou tydens die droër maande. “Ondanks die koue fronte help ons winterreëns vir weiding en ՚n goeie lamseisoen. Ek is in my noppies!”
“Ons begin ՚n maand voor lamtyd met die Wolmeester-voermengsel, regdeur lamtyd, tot so maand nadat die eerste ooi gelam het. Ons fokus op balans en voorgeskrewe hoeveelhede voer. Die lammers bly minstens twee, maar tot drie of vier maande, afhangend van weiding, by die ooi vir goeie groei.”
Dirk meng graan en Wolmeester 50-50 vir die ooie in lamkampies. Op die weidingslande is dit 45% Wolmeester, 45% gars en 10% sout, sodat al die ooie ՚n kans staan om by die voer uit te kom terwyl die sout die eerstes na die waterkrip dwing.

Dirk meng sy graan en die sagte, melassebasis Wolmeester vanuit die produksakke, waarna dit in dieselfde sakke land toe of kamp toe gaan. “Dit hanteer maklik en is goed beskerm teen vog,” vertel hy.
JC bevestig dat die suksesresep van Wolmeester, wat proteïen, ureum, vesel, vog, kalsium, vet, fosfaat, mangaan, sink, koper, jodium, kobalt, kalium en yster bevat, al vir amper twee dekades onveranderd is. Dit is nie nodig om aan ՚n ding wat werk te verander nie.
Dirk dink diep: “Vir my is ՚n ooi op haar gelukkigste waar sy spanningsvry uit weiding, bale of aanvullings kan kies en ten beste produseer. Wanneer ՚n boer se ooie nie hulle meerlinge groot en ewe sterk maak nie, sal ek Wolmeester aanbeveel. As jy jou ooie in goeie kondisie hou, sal jy sterk lammers kry.
“Kyk hier, ons lammers is vanjaar lekker sterk en die ooie kyk mooi na hulle. Dit maak húlle gelukkig, en laat mý as skaapboer breed glimlag.”
Maak Wolmeester deel van jou produksie. Kontak Gerhard van As by 082-771-4037, 013-791-1036, of Molatek@rclfoods.com. Besoek ook www.molatek.co.za vir meer inligting.
Loer ook na Molatek se produkte op Agri4all.com