Meatmaster Nasionale veiling – 11 Augustus 2022

product-image-1656404312-27934

B3genetics Stud Breeders – “Breeding Excellence”
Farming with small stock in our area- that being a Heartwater area , full of parasites (Semi Intensive systems) and sour grazing really makes you humble and grateful when you raise small stock successfully. The Meatmaster Breed has given us the means to be able to deliver quality genetics
In November 2016 I attended an information day together with Auction in Hopetown which was presented by farmers in that area. We acquired our first 5 ewes and our first Stud ram bought from Elandsnek Meatmasters, I decided to name him after my father “Terry” as a symbol of respect and dedication.
Ewes purchased from recognized breeders in industry over the next three years, and using proven Stud Sires Cowboy, Rocco, Zippo, Azur, and Chico, 50 cents, these rams that have made an impact in our herd over the last couple years. We currently have Stud Rams , Diablo, Daytona, Gazoo, Fat Bastard, Zorro, as our Stud sires for our red groups. My wife, Vivienne has also ventured into the Meatmasters and runs a small herd of Dorrland ewes with Rams from son of Blacksmith, Pontiac and Musgrave lineage.
We have embedded ourselves into the Meatmaster family and joined the Society, SA Stud Book and Transveld Meatmaster Klub. We have branded “B3genetics “with its BBB logo on our herds and we believe that we have progressed in leaps and bounds within this breed. We have on offer at The National Auction -6 Ewe Lots with lambs from current Stud Sires and 1 Ram lot which is also Sire to lambs on auction.

Kontak Charles Freeme by 074-207-0007, www.b3genetics.co.za, Facebook: B3genetic Stud Breeders
Wilgerboom Meatmasters

“Ek en my vrou, Jalme, is in 1980 getroud en het toe plaas toe gekom en begin boer. Daardie tyd het almal, ek inkluis, nog met Merinoskape geboer.Ons het ook met Angoras geboer en ‘n Witdorperstoet gehad. Teen omtrent 1995 het ek a.g.v. die langdurige droogtes al my Merino’s en Angoras verkoop en Damaraskape gekoop. Teen die jaar 2000 het ek die Damara met Europeserasse gekruis en ook met die Witdorper en dis Basters genoem,” sê Willem Steenkamp.
Teen 2010 het hy met stoetteling by die Meatmasters begin en goeie ramme ingekoop. Van toe af het hy nie weer teruggekyk nie.

“Deur die moeilike toestande van die afgelope 8 jaar is ons stoet en kudde op 2 maniere verbeter naamlik:
- Deurdat ons gedwing is om getalle te verminder,is net die top presterende en produktiewe diere behou en
- deur natuurlike seleksie is hulle gevorm tot gesonde geharde diere wat onder enige toestand aanpasbaar is en floreer
Ons diere word nooit enigiets gespuit of gedoseer nie.”
Ons boer in die Calvinia distrik in die Noord-Kaap onder eksentiewe toestande op die skeiding van winter- en somerreënval.
Kontak Willem by 083-256-2747 of wilgerboom@hantam.co.za
Collett Farming – Superior genetics

Collett farming is a family owned and run company excellently supported by the well-trained staff. Being run on Christian principles has led to a strong bond being formed between workers and management. We need to fully trust each other for Collett Farming to flourish so all can benefit from our joint successes.
We see Collett farming firstly as our mission field where we endeavour to carry out our great commission wherever our business takes us locally and abroad. We realise that each one will be held accountable for the choices they make and that only God and the trinity can convert. We can only endeavour to show the way by truly showing love and kindness to all but also by standing up without fear for what is right in this liberal and corrupted world. He who truly seeks the almighty God creator of all things will find Him and his perfect eternal plan of salvation in Jesus Christ. Don’t look to us for perfection we realise we are just forgiven sinners by God’s grace endeavouring to do His will as we walk closer in His footsteps tomorrow than we did today.

Kontak Mario du Preez by 081-489-0198 of Clynton Collet by 061-436- 8202 of www.facebook.com/superiorgenetics en www.superiorgenetics.co.za
Olivebranch Meatmasters

Olivebranch Meatmasters het in 2008 begin met so 7 ooie en n ram en ook net as n stokperdjie. Ons het die Meatmasters op NAMPO gesien vir die eerste keer en dadelik verlief geraak. Van daai tyd af het dit net gegroei en in 2010 het ons met Stamboek geregistreer en begin stoet.
Ons boer in die Noordwes naby Lichtenburg op suurveld. Die kudde bestaan nou uit so 250 ooie en ‘n paar stoetramme. Die doel is om geharde skape te teel wat aangepas is vir ons omstadighede. Die uitdagings is haarwurm en ook veld wat nie goeie voedingswaarde het nie. Ramme word getoets op die veld vir gehardheid en net die bestes word gehou om te verkoop en om self te gebruik. As ons ramme inkoop, is dit net van telers wat ook op stamboek is, met prestasie syfers en wat ook hulle ramme toets.
Ooie wat gereeld haarwurm kry word ook uit die kudde gehaal. Die ooie word ook streng gekeur vir moederseienskappe, groei, goeie melk en moet twee lammers per jaar groot maak.
Hier by Olivebranch glo ons dat syfers, prestasie toetsing en rekordhouding baie belangrik is. Sonder dit kan ‘n stoet nie vorentoe gaan nie. Ons het ‘n groot passie vir die ras en strewe om altyd ons beste te doen om die ras vorentoe te vat.
Kontak Rachel Fourie by 076-698-3990
https://www.facebook.com/Olivebranch-Meatmasters-100648741641474
Pienaarspan Meatmasters

Johan Murray het in 2005 begin boer met meatmasters by Strydenburg. Hulle gee net vir die skape sout in die veld. Hulle kry niks anders nie. Voor ‘n veiling gehou word bring hulle die skape vir drie weke in laat hulle net gewoond raak aan kos vir die veiling.
“Ek het die eerste keer by dr Waltie Vermeulen en my skoonpa, Roe Wiid gekoop. Ek het ook gebruik gemaak van ramme van Clynton Collett, Jean du Plessis, Willem Steenkamp, Klaas en Nico Grobler,” sê Johan.
Hulle het Maartmaand ‘n Grasveld veiling gehad waar hulle hul duurste ooi aan Lana Prinsloo verkoop het vir R16 000.

Kontak Johan by 082-801-4666 of Jeanne by 079-661-8255 vir meer inligting. Of stuur ‘n e-pos na johan.murray007@gmail.com
GerMar Meatmasters

GerMar Meatmasters was geïnspereer deur die geharde meatmaster-ras. Hulle is geleë in die hartjie van die Hantam, Calvinia in die Noord-Kaap.
“Die afgelope paar jaar het ons deur ‘n erge droogte gegaan wat jou anders na jou skaap en boerdery laat kyk het. Veranderings is aangebring en planne is gemaak,” se Gert Vorster.
Diere was strenger geselekteer op grond van vrugbaarheid, goeie moederseienskappe en veldaangepaste diere vir hulle distrik.
Vir GerMar Meatmasters gaan dit nie net oor die “ mooi prentjie” skaap nie. Daardie selfde mooi dier moet ook aan die bogenoemde eienskappe voldoen om die ras net sterkter te bou en vorentoe te vat.
Vir hulle gaan dit oor winsgedrewe seleksie, hulle wil boer met ‘n skaap nodig vir ekonomiese vleisproduksie. GerMar se eerste veiling wat hulle die jaar gaan bywoon gaan die Sutherland Karoo Meatmaster Veiling, 31 Maart 2022 wees. Daar gaan 3 lotte van 5 ooilammers wees.
Die lotte bestaan uit funksioneel doeltreffende diere wat veldaangepas is. Die ooie is ook uit ‘n trop wat in die onlangse droogtetoestande goed presteer het ten opsigte van lampersentasie asook besettings syfers wat bogemiddeld was.

Kontak Gert Vorster 081-498-7617 en Marlize Louw 073-062-1995 vir meer inligting. Of stuur ‘n e-pos na marlizelouw97@gmail.com
Rooigoud Meatmasters

Rooigoud Meatmastets het sy ontstaan gehad in 2012 toe die Fourie broers besluit het om met Meatmasters te begin boer. Ons het ‘n ras gesoek wat vrugbaar is, lammers op vroeë ouderdom mark gereed speen en wat aangepas is vir die Noord-Kaap se toestande. Ons boer in die Griekwastad omgewing waar droogtes en koue winters ‘n realiteit, is en daarom is gehardheid vir ons kern belangrik.
Die ras bied presies waarvoor ons opsoek was, en kon ons oor tyd met seleksie ‘n funksionele kudde opbou. Ons glo in die beginsel dat vroulike ooie die basis van ‘n kudde vorm. Vroulike ooie met lang fyn nekke, met ‘n wigvorm, is die ooie in die kudde wat gereeld lam. Ons doelwit is om drie lammers in twee jaar per ooi aan te kry. Diere met ‘n mediumraam pas die beste aan by ons, want die ooi moet haarself kan handhaaf op die veld en ‘n lam speen wat vroeg mark gereed is.
Ons probeer om die beste eienskappe van beide die Dorper en die Damara te benut waaruit die Meatmaster geteel is. Die dorper se karkas gehalte en eienskappe soos, vrugbaarheid, gehardheid en trop gebondenheid van die Damara is deel van ons sukses in die kudde. Die afgelope tien jaar het Rooigoud se kudde baie verbeter en skryf dit daaraan toe dat ons regkry om vir beide mooier, diere wat aan die rasstandaard voldoen, en ‘beter’ diere te selekteer. Teelramme met goeie BLUP teelwaardes word ook in die kudde gebruik on diereprestasie verder te verbeter.

Met speen maak ons gebruik van indekse om slegs die top presteerders in die kudde op te neem. Beide die rammetjies en speenooitjies word dan deur ‘n veldfase gesit om te toets of die diere hulself op die veld kan handhaaf. Op die manier teel ons ramme wat gehard is en goed groei. Die ooilammers word op 8-maande ram gegee om reeds te lam as die ooitjies 2 tand is.
Rooigoud Meatmasters hou jaarliks in April ‘n produksieveiling in Luckhoff as deel van die Meatmaster Alliance groep.

Kontak gerus vir Pieter Fourie by 084-381-7893 vir meer inligting.
Ochre Meatmasters

Ochre Meatmasters, (uitgespreek ou-kir), is geleë naby Richmond, Noord-Kaap. Dit is ‘n familieboerdery en Boemie Saaiman boer al vir meer as twintig jaar met Meatmasters en het ‘n diepe liefde en passie vir die ras.
Ochre Meatmasters (afgelei van die kleur klei wat die Himba’s op hulself smeer, en ook die kleur van die logo) is geïnspireer deur die vrugbaarheid, moederseienskappe en lewensvatbaarheid van die diere uit die Kaokoland.
Dis ‘n ekstensiewe boerdery wat selekteer vir fenotipe, wat hand aan hand gaan met vrugbaarheid, reproduksie en goeie groei van lammers.
Ochre Meatmasters kry altyd goeie terugvoer van kopers reg oor die land oor die aanpasbaarheid van hulle skape, wat weereens bewys watter fantastiese ras die Meatmaster is.
Die Saaimans is opgewonde oor die toekoms van die ras in Suid-Afrika sowel as ander lande en die geleenthede wat dit bied aan ervare sowel as nuwe telers.

Kontak Boemie Saaiman by 083-383-1000 of besoek hul Facebookblad: https://www.facebook.com/profile.php?id=100063529874556
Villeria Meatmasters

Gerhard en Adre Engelbrecht is getroud in 1991. Adre se pa is Roe Wiid. Hulle het die voorreg gehad om langs haar pa te boer by Kraankuil in Hopetown tot hy verlede jaar afgesterf het. Haar pa en nog mense het in die Kaokoland skape gaan haal en uit dit uit is die Meatmaster skape ontwikkel. Gerhard het in die vroeë 2000’s ook begin om oor te skakel na Meatmaster skape wat hy by sy skoonpa gekoop het. “Ons is trots op die ooie wat ons op die veiling gaan he,” sê Adre. Hulle is al die afgelope vyf jaar deel van die Nasionale Meatmaster se jaarlikse veiling en is ook ingesluit by Grasveld se veiling in Kroonstad.


Kontak Gerhard Engelbrecht by 082-495-4961 of stuur ‘n e-pos na villeria777@gmail.com
Middelpunt Meatmasters

Middelpunt Meatmasters het sy ontstaan in die jaar 2012 op die plaas Hoffmanskuil naby die dorpie Verkeerdevlei in die Vrystaat begin. Die verandering van ‘n melkboerdery na Meatmasters het plaasgevind toe die melkroete gesluit is. Van die Ayrshire koeie is in ‘n ruiltransaksie met Meatmasters gedoen. Later sou ek met groot blydskap verneem dat die eerste paar ooie op die Meatmaster Nasionale Veiling aangekoop is. Volgens hul oorplaaitjies se nommers was Piet de Lange die teler van die ram wat saam met die ooie geruil is.
Die aanpasbaarheid, gehardheid en hul tropinstink het my laat besef dat dit die ras is waarmee ek moet boer. Die ooie wat maklik lam, met genoeg melk en goeie moederinstink het my beïndruk.

In die jare 2013 tot 2016 het ek die kudde aangevul met diere wat op die Nasionale Veiling, van verskillende telers gekoop is. Ons selekteer diere wat onder ons plaas se uiterste klimaatsomstandighede presteer. Die kudde wei op goeie rooigrasvelde met klipsout.
Ons het ‘n voerkraal begin waarin ons die ramlammers na speen, afrond en laat slag. Die Meatmasters presteer uitstekend in die voerkraal met goeie uitslag persentasies. Ons verkies om Meatmasterlammers by ander boere aan te koop en dan in die voerkraal af te rond.
Hennnie Oosthuizen, selnommer 072-430-6316
Medallion Meatmasterstoet

Medallion Meatmasters word bestuur deur Andre van der Merwe (Voorsitter Sutherland Karoo Meatmasterklub) en Jeanne Groenewald.
Hulle stoet bied onder andere drie ramme op die Nasionale Veiling aan wat derde (lot 14), vierde (lot 66) en vyfde (lot 41) in SA lys op die Logix toplys vir Groeiindekse.
“Ons stoet het in 2011 begin by die aankoop van 100 dragtige stoetooie van Clynton Collett. Die ooie was dragtig van ramme soos Judge (Buccanneer seun), Rooinek, Herculus en Renaissance. Die nagelag van die ooie vorm die ruggraat van Medallion Meatmasters. Vyf bloedlyne was as gelote kudde hanteer deur noukeurige prestasietoetsing met Clynton en dr Buks Olivier as mentors,” sê Andre.

Die fokus van die prestasietoetse is om balans in die indekse te kry, maar sonder om ooit in te boet op melkproduksie indekse. Die groot droogte van 2014 tot 2022 was as geleentheid gesien om kaf van koring te skei in die teelbeleid. Ooie wat nie genoeg melk gehad het nie (soos gesien in hulle lammers se speengewigte) was geslag.
In 2020 word Andre ʼn Keurder na hy alle kursusse gedoen het en die keuringskursus naby Klerksdorp bygewoon het. Oktober 2020 stig Andre die Sutherland Karoo Meatmaster Klub op Welgevonden. In 2022 koop hulle nog 82 dragtige stoetooie by Clynton se produksie veiling wat die stoet nog ʼn groot hupstoot gee. Hy en Jeanne se teelbeleid is eenvoudig: Fenotipe en Genotipe is ewe belangrik! Ramme en ooie wat verkoop word is goed genoeg om self mee te boer. Sukses beteken Medallion Meatmasters(MM) se genotipe (GT) en fenotipe (FT) is in balans.

Kontak Andre by 083-556-2828 of arvdm@sun.ac.za
Morena Meatmasters

LPJ Fourie is die trotse eienaar van Morena Meatmasters en is geleë in die Suidwes Vrystaat tussen Philippolis en Luckhoff, die terrein wat ons boer is hoofsaaklik bergagtig.
Ek het in 2008 met die Meatmasters begin, en is betrokke by die Meatmaster veilings vanaf 2010. In 2010 het ek met prestasie toetsing begin. Die toetsing bestaan uit die weeg en keuring van lammers op speen ouderdom, wat vir jou dan ‘n “speen indeks” gee oor die groep.
Dan op 6 maande ouderdom word hul weer gekeur. Op 270 dae word hul finaal geweeg en gekeur. Met die 270 dae gewig kry jy dan ‘n “eindgewig indeks” (wat ‘n goeie aanduiding is van wat die nageslag se speengewig behoort te wees), jou GDT indeks (aanduiding van die dier se groei) en jou seleksie indeks (kombinasie jou Speen, eindgewig en GDT indeks).
Meerlinge, vrugbaarheid, gehardheid en groei is Morena Meatmasters se “kenteken”.

Vir meer inligting kan u na ons facebook blad LPJ Fourie Meatmasters gaan of my kontak op 082-313-4746.
ORANJE MEATMASTERS

“Aangepaste diere, is produktiewe diere”
In 2016 het ons ons eerste ram by Collet Farming gekoop en op damara ooitjies gebruik.
Intussen het ons ooitjies by verskeie veilings & teelers aangekoop. Omrede ons deeltyds geboer het, was ons opsoek na ‘n maklike, “super skaap”, wat min aandag nodig het en onder moeilike toestande nog presteer. Die meatmasterras bewys elke lamseisoen dat dit ons tipe skaap is vir ons behoefte.
In 2021 het ons by die Meatmaster Teelers Genootskap asook Stamboek aangesluit. ‘n Hele nuwe wereld het vir ons oopgegaan. Ons gebruik nou slegs geregistreerde ramme en sperm van ramme met bogemiddelde BLUP syfers in die kategorie wat ons te kort kom in ons kudde op daardie spesifieke stadium.
Ons het ‘n groot passie vir genetika & bloedlyne. Ons het ons teelprogram so ontwikkel, dat ons genetika in die kudde inbring van ouer, beproefde bloedlyne, deur van laparoskopie gebruik te maak.
Ons glo dat aangepaste diere, produktiewe, produserende diere is en verkies ‘n kleiner raam ooi wat maklik lam en ‘n aanvaarbare lam speen. Ons seleksie kriteria sluit Feno Tipiese seleksie asook prestasietoetsing in.
Die 2022 Nasionale veiling sal ons eerste veiling wees en ons bied veld aangepaste ooitjies aan.
Lot 99. Gehard, Vrugbaar en boonop mooi op die oog ook.

Vir meer inligting kontak Billy / Silvie op ons epos: oranjemeatmasters@gmail.com of besoek ons Facebook blad: www.facebook.com/OranjeFarming