Categories: NewsPublished On: 23rd November 2016

McDonalds SA sal 100% hok-vrye eiers gebruik

By 1 min read
191 words
mc donalds

mcdonalds

McDonalds Suid-Afrika het aangekondig dat hulle planne het om oor te skakel na 100% hok-vrye eiers in hulle voorsienningsketting teen 2025. Dit sal duisende henne spaar om in beknopte batteryhokke te sit.

Humane Society International, een van die wêreld se grootste dierebeskermingsorganisasies, werk saam met McDonald’s en ander dierewelsynsorganisasies hieraan.

Tozie Zokufa, Afrika se programbestuurder van Humane Society International, sê: “Ons jubel oor McDonald’s Suid-Afrika vir sy leierskap in korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en dierewelsyn. McDonald’s se besluit om oor te skakel na hok-vrye eiers verbeter die vooruitsigte vir plaasdiere regoor Suid-Afrika en maak dit duidelik dat die toekoms van eierproduksie hok-vry is. Ons sien uit daarna om saam met organisasies te werk met soortgelyke beleide.”

McDonald SA se hoofuitvoerende beampte, Greg Solomon, sê: “Vandag is ons bly om aan te kondig dat ons ten volle sal oorgaan na hok-vrye eiers in al ons restaurante regoor Suid-Afrika teen 2025.

“Ons gaan in 2017 begin om hok-vrye eiers in te bring. Ons eierverskaffer het hom verbind tot die verskaffing aan ons met die kwaliteit, veilige en bestendige lewering van meer as 10% hok-vry per jaar totdat al die eiers wat ons gebruik hok-vry teen 2025 sal wees.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0