Categories: MeganisasiePublished On: 19th August 2024

Maak jou planter vinnig vol met Myburgh Toerusting se volmaakstelsel

By 4 min read
665 words

MF0A5350

Arbeid is duur, tyd is min en die massahantering van saad en kunsmis raak al hoe gewilder, maar daarvoor het ‘n boere die regte masjinerie nodig. Die soort masjiene kan soms duur wees en dikwels word bykomende trekkers benodig. Myburgh Toerusting se plantervolmaakstelsel is ‘n kostedoeltreffende, vinnige en veilige manier om jou planter aan die gang en vol te hou.

“Massahantering is een van die grootste nagmerries tydens die plantseisoen as jy nie die regte toerusting het nie, want dan gaan jy jou groot sakke moet uitskep in kleiner sakkies om dit te kan hanteer,” vertel Jannie Myburgh van Myburgh Toerusting.

Dit het gelei daartoe dat hulle hulle eie stelsel ontwerp het. Myburgh Toerusting se plantervolmaakstelsel bestaan uit vier komponente. Hoewel Jannie sê dat jy nie al vier nodig het om te begin met die volmaakstelsel nie, sal die vier saam jou help om jou planter maklik, eenvoudig en vinnig vol te maak.

Trekker-vurkhyser

Die eerste komponent is die trekker-vurkhyser. Omdat die vurkhyser so naby aan die trekker se agterwiele optel kan mens met ‘n kleiner trekker swaarder sakke optel.

“Jy kan gemaklik met ‘n 75 kW trekker ‘n een-ton sak hanteer. Wanneer jy met masjiene werk wat verder van die trekker af optel sukkel ‘n 120 kW trekker om ‘n een-ton sak op te tel sonder dat sy neus oplig,” verduidelik Jannie.

Massa-saktoring

Die tweede komponent is die massa-saktoring wat ‘n aanhegstuk vir die vurkhyser is. Die massa-saktoring maak dit makliker om die sak te hanteer. Jannie verduidelik dat ‘n een-ton sak met sy handvatsels tot 1,5 m hoog is, indien jy dan ‘n 3 m vurkhyser het kan jy die onderkant van die sak slegs 1,5 m optel. Dit is dus te laag om in die planter te laai. Die massa-saktoring gee vir jou ‘n bykomende hoogte van 1,3 m.

Die ander probleem is dat die sak kan skeur wanneer dit teen die vurkhyser hang wanneer jy hom optel. Die massa-saktoring maak dat jy die sak 500 mm verder weg kan hys sodat die sak nie skeur nie. Die massa-saktoring het ook beter hake.

“Gewoonlik haak die mense sommer net die sakke se handvatsels oor die vurkhysertone, wat geneig is om af te gly as jy vinnig moet rem of as die operateur nie die vurkhyser reg kantel voor hy optel nie. As die sak dan val bars hy oop en dan lê daar ‘n paar duisend rand se kunsmis op die grond,” sê Jannie.

Kunsmisbak

Die derde komponent is die kunsmisbak. Jannie vertel dat die probleem van ‘n een-ton sak is … dat dit ‘n een-ton sak is.

“As jy die toutjie onder losgemaak het kom daar ‘n ton uit, jy moet bontstaan om die toutjie weer vas te kry om die vloei te stop. Ons het die massabak gebou om die toutjie van die sak uit te skakel. Die bak het aan die onderkant ‘n klep wat jy kan oop- en toedraai. So nou kan jy sonder sukkel en sonder mors uit ‘n een-ton bak 5 kg kunsmis uittap as dit al is wat jy nodig het.”

Verdeler

Die laaste komponent is die verdeler, dit maak dat mens nie vier bakke vol hoef te maak nie maar slegs twee.

“Jy kan die planter van voor af vol maak. Ek sê vir al my boere ek wil nie die dag by wees as ‘n operateur se voet gly en hy ry in planter vas met ‘n trekker nie. Want as hy die planter van agter af tref gaan die karretjies beskadig word en dan kan jy nie plant nie, jou planter gaan staan.”

Wanneer jy die planter van die voorkant volmaak kan jy net die bak breek wat jy tydelik kan regmaak om klaar te plant.

“As jou operateur eers sy ritme kry behoort dit hom 3 min te neem om ‘n 8-ry planter vol kunsmis te maak,” sê Jannie trots.

Om meer te leer oor wat Myburgh Toerusting jou kan bied, besoek gerus hulle webtuiste by www.mtoer.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0