Categories: NewsPublished On: 28th April 2016

Só lyk die jongste oesskatting

By 2 min read

mielies

Die vierde produksieskatting van somergewasse is nog laer as die vorige skattings.

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 7,054 miljoen ton gestel, wat 0,15% of 10 900 ton minder is as die vorige skatting van 7,065 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 1,947 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,62 t/ha is.

Die produksieskatting van witmielies is 3,067 miljoen ton, wat 0,10% of 3 200 ton minder is as die 3,071 miljoen ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van witmielies is 3,02 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 3,987 miljoen ton, wat 0,19% of 7 700 ton minder is as die 3,995 miljoen ton van die vorige skatting.  Die opbrengs van geelmielies is 4,28 t/ha.

Die opbrengs-bepaling per ha vir die Mpumalanga provinsie is gebaseer op wetenskaplike en objektiewe resultate verstrek deur die Nasionale Oesskattingskonsortium, gelei deur die LNR. Neem kennis dat die objektiewe resultate vir die Vrystaat en Noordwes provinsies, in Mei 2016 gerapporteer sal word.

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 730 500 ton, wat 2,81% of 20 000 ton meer is as die 710 500 ton van die vorige skatting.  Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 718 500 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,02 t/ha is.

Verder is die produksieskatting van sojabone 694 550 ton, wat 0,40% of 2 800 ton meer is as die 691 750 ton van die vorige skatting.  Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 502 800 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,38 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is 32 550 ton, wat 2,98% of 1 000 ton minder is as die 33 550 ton van die vorige skatting.  Vir grondbone is die oppervlakteskatting 22 600 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,44 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 88 500 ton, wat 4,53% of 4 200 ton laer is as die 92 700 ton van die vorige skatting.  Die oppervlakteskatting vir sorghum is onveranderd gelaat op 48 500 ha, en die verwagte opbrengs is 1,82 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 38 095 ton, wat 0,26% of 100 ton minder is as die 38 195 ton van die vorige skatting.  Die oppervlakte beplant met droëbone is 34 400 ha, en die verwagte opbrengs is 1,11 t/ha.

Wintergewasse

Vroeë aanduidings is dat produsente van voorneme is om 481 850 ha koring te plant vir die 2016-produksie-seisoen. Dit is 0,1% of 300 ha minder koring aangeplant as in 2015. Die grootste produserende gebiede is in die Wes-Kaap, met 320 000 ha (66%), gevolg deur die Vrystaat met 80 000 ha (17%) en die Noord-Kaap met 34 000 ha (7%). Die verwagte aanplantings van moutgars is 92 000 ha – 1,8% of 1 730 ha minder as die 93 730 ha van die vorige jaar. Die verwagte aanplantings van kanola is 71 050 ha, wat 9,0% of 7 000 ha minder is as die 78 050 ha wat aangeplant was in 2015.

Bron: Oesskattingskomitee

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0