Categories: NewsPublished On: 23rd June 2017

Los daai plant waar hy hoort!

By 2 min read
plant

plant

Suid-Afrikaners wat mooi plante oorsee sien, is dikwels in die versoeking om so ‘n plantjie, steggie of saad saam te bring huis toe om dit hier te probeer kweek. Dit is teen die wet!

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê internasionale besoekers wat na Suid-Afrika toe kom gedurende die Junie/Julie skoolvakansie of terugkeer na Suid-Afrika na die vakansie moet voldoen aan die land se invoerregulasies. Dus mag hulle nie produkte die land binnebring wat nie goedgekeur is nie.

Die voldoening hieraan sal ons land help om die potensiële risiko’s van indringerplante, vreemde plae en siektes wat met ingevoerde plante, plantprodukte, diere, diereprodukte en ander gereguleerde goedere verband hou, te voorkom.

Suid-Afrika het die reg om hulle gebied, biodiversiteit en ekonomie te beskerm teen skade. Dit is in samewerking met die wetgewing van die land wat daarop mik om nie peste en siektes van ander dele van die wêreld na SA te versprei nie. As so iets eers in die land is, is dit baie moeilik om dit te beheer. Die hele pom-pomplaag het begin omdat iemand gedink het die pers blommetjies sal mooi lyk in ‘n tuin.

Verder is die invoer van sekere drankprodukte met ‘n alkoholinhoud van meer as 1% in die land ook beperk behalwe as jy  ‘n invoersertifikaat het wat deur die departement uitgereik is.

Die invoerregulasies mag verskil van land tot land. Reisigers moet daarom die departement kontak vir inligting rakende invoere.

Diere en diereprodukte:

Tel: 012-319-7414/7476

Faks: 012-319-8292

E-pos: VetPermits@daff.gov.za

Plante en plantprodukte:

Tel: 012-319-6102/6130/6207

Faks: 012-319-6370

E-pos: PlantHealthPermits@daff.gov.za

Alkoholprodukte:

Tel: 011-971-5138/012-319-6137

E-pos: NjokoS@daff.gov.za

By aankoms in SA moet die ingevoerde besending van bogenoemde produkte gewys word aan die departement se inspekteur.

Vir meer inligting oor die departement se inspeksiedienste en prosedures, kontak die Direktoraat Inspeksiedienste by 012-309-8701, faks: 012-309-8785 of stuur ‘n e-pos na: ErnestP@daff.gov.za

Bron: Departement van Landbou

Views: 107Comments Off on Los daai plant waar hy hoort!

Deel hierdie artikel.