Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 13th January 2026

Lig, sterk en betroubaar: Die Ombu-oplossing vir sonneblomboere

By 2 min read
458 words

OMBU Sunflower Header Hoof foto

Sonneblomproduksie speel ’n kernrol in Suid-Afrika se graanbedryf en bly ’n betroubare gewas vir boere wat met wisselvallige reënval, toenemende insetkoste en stywe marges moet boer. Vir sonneblomboere is elke saadkop waardevol, en die sukses van ’n seisoen word nie net in die land bepaal nie, maar ook tydens die oes.

Verliese tydens strooptyd kan ’n beduidende impak hê op ’n boer se opbrengs en winsgewendheid, veral wanneer toestande nie te gunstig is nie. Daarom is boere toenemend afhanklik van doeltreffende en betroubare toerusting wat hulle in staat stel om skoon, vinnige en verliesvrye oeswerk te lewer ongeag kultivar, plantestand of veldtoestand.

Agri Afrika se Ombu-sonneblomtafel, wat uit Argentinië afkomstig is, is spesifiek ontwerp om aan die eise van moderne sonneblomboerdery te voldoen. Die tafel is robuus, sterk en uiters duursaam, maar terselfdertyd opvallend lig in gewig. Hierdie ligter ontwerp verseker dat geen onnodige krag of diesel van die stroper vermors word nie, ’n belangrike oorweging in ’n tyd waar brandstofkoste ’n beduidende rol in produksiebesluite speel.

Die Ombu-sonneblomtafel se liglopende meganisme verg minimale stroperkrag en diesel, en kan selfs maklik met die hand gedraai word, ’n groot voordeel vir doeltreffende, kostebesparende oeswerk.

Die Ombu-Sonneblomtafel se lang panne met ‘n effektiewe snylem voer elke sonneblomkop doeltreffend in die stroper in en voorkom oesverlies, selfs onder uitdagende toestande.

Die Ombu-sonneblomtafel kan vinnig en maklik op bykans enige stroper gemonteer word, met verstelbare komponente wat sonder moeite aangepas kan word. Selfs teen hoër werksnelhede van tot 10 km/h beweeg die tafel glad deur die land, sonder enige tekens van vermorsing of onderbrekings tydens die oesproses. Dit stel boere in staat om doeltreffend te werk en optimale tydsbestuur tydens die oes te handhaaf.

Oesverliese word tot die minimum beperk danksy die lang en diep panne en spesiaal ontwerpte deurvoer rollers en snylemme van die tafel. Hierdie kombinasie verseker dat elke sonneblomkop effektief deurgevoer en opgeneem word, sodat nie ’n enkele saad verlore gaan nie. Die ontwerp dra direk by tot ’n skoner oes en beter opbrengs per hektaar.

Tabel 1: Die Ombu-sonneblomtafel se produkspesifikasies.

Nog ’n belangrike voordeel van die Ombu-sonneblomtafel is sy lae krag- en dieselbehoeftes. Die meganisme loop lig en kan selfs maklik met die hand gedraai word, wat die doeltreffendheid en betroubaarheid van die toerusting verder beklemtoon. Minder kragverbruik beteken laer bedryfskoste en minder slytasie op die stroper.

Wat instandhouding betref, verg die Ombu-sonneblomtafel minimale tyd en moeite. Benewens die gewone daaglikse inspeksie, is daar slegs ’n paar smeerpunte wat net elke 50 werksure aandag benodig. Dit maak die tafel geskik vir boere wat tyd in die oesvenster optimaal wil benut, sonder onnodige stilstand.

Vir meer inligting oor Agri Afrika se Ombu-sonneblomtafels, besoek Agri Afrika se webwerf by www.agriafrika.co.za/sunflowerheader , of besigtig die produkvideo aanlyn.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0