Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 17th July 2019

LEMKEN beïndruk boere met die nuwe Rubin 10

By 2 min read
462 words

lemken 1

Let op die hidrouliese trekstangkoppeling en die skottels wat simmetries gerangskik is.

By NAMPO kon boere die nuwe Rubin 10-skottelkombinasiewerktuig ontmoet, maar by Val Boeredag was die masjien in aksie en boere kon die werking bewonder.

Christo Prinsloo van LEMKEN SA sê die Rubin 10 vervang die Rubin 9.

Hy sê die veranderings begin sommer heel voor: “Die Rubin 10 se hidrouliese trekstang koppel aan die trekker se trekstang en nie meer aan die hyserarms nie. Dit is nou makliker om die masjien reg in te stel en daar is ook ’n hidrouliese verstelling vir dieptebeheer in die middel van die masjien.”

Die hidrouliese verstelling werk saam met die rollers agter vir dieptebeheer om seker te maak dat die masjien mooi gelyk loop.

Christo sê die volgende verandering is aan die skottels wat vergroot is van 620 na 645 cm. Elke skottel het steeds sy eie veer vir egalige, stabiele werking, maar vir die wegbreekaksie word die arms van die skottels nie meer met u-boute aan die balk gekoppel nie. Dit is vervang met ’n meganisme wat aan die hoofraam vasgesweis is.

Die skottels self is vervang met Duramax-skottels wat nog meer verhard en stewiger is vir ’n nog langer leeftyd as die bestaande skottels.

Die skottels van die Rubin 10 is groter, harder en sny aggressiewer as die Rubin 9. Die twee balke is ook verder van mekaar vir beter materiaalvloei.

Die twee balke is verder van mekaar af geplaas vir beter materiaalvloei en -vermenging, maar die skottels se werkswydte is steeds 12,5 cm.

Die happe in die skottels is nie meer rond nie, maar hoekig, wat beteken dat dit baie meer aggressief deur materiaal sny.

“Die skottels word ook nou simmetries rangskik na links en regs, wat die sywaartse trekking op die masjien verminder en dus voorkom dat daar banke gesny word. Die grond word mooi gelyk gesny,” sê Christo.

Vroeër het die voorste ry skottels een kant toe gekyk en die agterste ry anderkant toe. Dit het soms tot gevolg gehad dat dit moeilik was om die masjien teen skuinstes reguit te hou, of as dit in baie harde grond gewerk het, het die agterste skottels aansienlik makliker in die grond ingegaan en kon dit die masjien na ’n kant toe trek.

Tussen die tweede stel skottels en die rollers is nou gelykmakers in plaas van ’n tweede stel harkies.

Die semi-gemonteerde Rubin 9 kon tot 6 meter wyd werk, maar die Rubin 10 kan nou 7 meter wyd werk. 

Christo Prinsloo van LEMKEN SA het by Val Boeredag verduidelik hoe die nuwe Rubin 10 boere gaan help om nog meer biologiese materiaal in die bogrond van hulle lande te plaas vir beter vogbehoud, grondstruktuur en bemesting.

Kry meer inligting by Karel Munnik by 082-412-2577 of Blackie Swart by 082-404-9651 of besoek www.lemken.com.

So lyk n ferm, goed bewerkte saadbed, trots en sorgsaam gemaak deur LEMKEN se Rubin 10.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0