KZN-boer help ander boere met reuse hooiskenking

Hay bails
Hay bails and silage storage
JJ van de Velde, aartappel- en mielieboer, het 800 bale hooi geskenk vir dierevoeding aan droogtegebiede in Hluhluwe.
“Sekere boere in KwaZulu-Natal veg steeds teen die droogte en diere gaan dood. Die skenking net betyds gekom om die boere te help voor die winter begin,” sê Sandy La Marque, besturende direkteur van KwaZulu-Natal se landbou-unie, Kwanalu.
JJ sê dit was nadat hy ‘n program oor die droogte gekyk het dat hy agtergekom het hoe desperaat boere in sommige dele van die provinsie is en het toe besluit om te help. “Die meeste boere in KwaZulu-Natal voel die droogte en dis moeilik vir almal. Toe ek die moedelose kyk op die boer se gesig op televisie gesien het, het dit ‘n snaar getref.”
“Vir die eerste keer in 16 jaar het ek ‘n goeie aartappeloes gehad en toe besef ek dat my fortuin met die wat nie so gelukkig is nie, gedeel kan word,” voeg hy by.
Bron: Bizcommunity