KwêBeam swaai die skaal in jóú guns

kwebeam 1
Verrassing is die faktor waarop rowers en moordenaars reken om hulle duiwelswerk te doen. Hulle gewoonte is om in die middel van die nag toe te slaan wanneer die wetsgehoorsame burger sy welverdiende rus na ‘n dag se arbeid geniet.
Maar nou is die bordjies verhang – met KwêBeam, die stille, betroubare elektroniese waghondstelsel wat jou betyds waarsku wanneer boosdoeners jou eiendom betree sodat jy hulp kan ontbied, alarm kan maak of jouself gereed kan maak vir die aanval. Met KwêBeam swaai jy die situasie om sodat dit nou jy is wat die boosdoener verras.
Hoe werk dit?
KwêBeam is ‘n losstaande, draadlose vroeëwaarskuwingstoestel wat jy kan monteer, verstel en verskuif soos jy wil om selfs werknemers te flous. Dit is onafhanklik van enige ander alarmstelsel, maar vul bestaande veiligheidsmaatreëls uitmuntend aan.
Meer as een KwêBeam-oog kan op verskillende plekke aangebring word en elke oog het twee strale wat onderbreek moet word voordat hy alarm maak. Dit skakel vals alarms uit. Die sensitiwiteit van die oë kan ook verstel word.
Elke oog kyk 18 meter ver en 90 grade wyd. Daar is geen drade nie, want die oog stuur ‘n radiosein na die verskuifbare sleutelbordjie (key pad) wat voor jou bed lê. Die oog werk met drie gewone AA-selletjies wat sowat drie jaar lank hou en die sleutelbordjie werk tot ‘n jaar lank met drie AA-selletjies.
KwêBeam is maklik om te installeer en te gebruik en dit is ook heel bekostigbaar. Een oog en een sleutelbordjie is genoeg om mee te begin en daarvandaan kan die stelsel uitgebrei word.
‘n Koppelvlak, wat ook as ‘n seinversterker kan dien, stel KwêBeam in staat om by bestaande alarmpanele of teksboodskapsend-ontvangers in te skakel. Die stelsel gebruik ook ‘n seinfrekwensie wat minder algemeen gebruik word, sodat slim diewe nie die seine kan onderbreek nie.
Die mees gevorderde opsie is ‘n veelfunksie GSM-eenheid. GSM staan vir Global System of Mobile communications en dit beteken dat jy jou KwêBeam van enige plek in die wêreld af via selfoonteksboodskappe kan beheer.
Verhang die bordjies – verras jou aanvaller met KwêBeam.
Dit klink goed. Pryse asseblief
Hallo Dawid
Kontak mark.kryptonsec@gmail.com vir meer inligting hieroor.