Kubota verryk Ritchie Farm Equipment se kliente
“Kubota-masjiene is uiters betroubaar en doeltreffend, maar die belangrikste is die uitstekende rugsteundiens, wat onderdele insluit, wat ons van Smith Power Equipment kry,” sê Paul Mannix, Ritchie Farm Equipment se hoofhandelaar.
Dit is dus geen verrassing dat Ritchie Farm Equipment, wat deel is van die Ritchie Auto-groep in KwaZulu-Natal, heelwat Kubota-kliënte het wat baie ingenome met die algehele werksverrigting van hierdie trekkers is nie.
Kubota word deur Smith Power Equipment in Suid-Afrika versprei.
Ritchie dryf al sedert 1996 handel, met takke in Richardsbaai, Stanger en Empangeni, en het in 2004 ‘n Kubota-handelaar geword. “’n Mens kan maar sê ons het onsself vir ‘n hele ruk net met Kubota-produkte besig gehou en net op die kleiner masjiene gefokus. Maar met die bekendstelling van die Kubota-trekker/laaigraaf/trekskop-reeks, die herontwerp van sommige van die groot trekkers en ‘n prysstrukturering deur Smith, is ons in staat om meer mededingend en baie suksesvol te wees met die groter Kubota-masjiene,” sê Paul.
Hy voeg by dat, alhoewel sy kliënte al die Kubota-produkte aangryp, sy beste verkopers waarskynlik die M-reeks 8540- en 9540-trekkers is.
Hierdie trekkers is inderdaad regoor die wêreld gewild. Herontwerp, herstileer en aangedryf deur Kubota se wêreldberoemde 4-silinder-E-CDIS- (middel-regstreekse inspuitingstelsel) dieselenjins, wat aan Vlak III-uitlaatgasvereistes voldoen, hou die liggewig-M40-reeks trekkers met hulle kort asafstande groot aantrekkingskrag vir die boer, sowel as vir kontrakteurs in. Met gevorderde ratkas- en kragaftakker-tegnologie, ‘n reeks nuwe kenmerke as standaard en hoëwerksverrigtinghidroulika, is die M40-reeks ‘n uitsonderlike nuwe reeks, gebou op bewese tegnologie.
Van die kenmerke wat uniek is aan Kubota-trekkers, sluit in:
Enjins: Kubota is wêreldleiers op die gebied van ontwerp en verkoop van dieselenjins van tot 75 kW (100 pk). Die 3,3 en 3,8 liter-, 4-silinder-enjins met turbo-aanjaers van die Kubota-trekkerreekse voldoen aan al die vereistes van uitlaatgas-wetgewing regoor die wêreld.
Kubota is ’n erkende leier in hierdie veld en verseker uitsonderlike kraguitset, saam met ongeëwenaarde langlewendheid, brandstofdoeltreffendheid en sagte en stil werkverrigting.
Stuurkontrole: Uitsonderlike klein draaisirkels is moontlik deur die Bi-Speed-stelsel wat in die ry aanskakel. Die stelsel laat dadelik ‘n vinnigespoedrat inskop wat die voorwiele teen dubbel die normale spoed aandryf om knap te krink. Tydens ‘n spoed van tot 8 km/h is die kragstuuraksie ongelooflik eenvoudig.
Remvermoë: ’n Baie gladde en doeltreffende vierwiel-remaksie word outomaties verkry in 2- of 4-wielaandrywing deur nat remplaat-pakke in die ewenaarstelsel. Die handrem bied ‘n pedaalknip en ‘n konvensionele hefboomstelsel.
Ratkas: Die ratstelsel verenig ‘n gewone 4-spoed sinkroskakelende rat met ‘n 2-spoedreeks-opsie en ‘n opsionele kruiprat. Die bestuurder kies die grondspoed deur middel van ‘n normale rathefboom, maar Kubota-ingenieurs het ‘n stelsel van natplaatkoppelaars bygevoeg om die uitset-asse by die wiele en kragaftakkerstelsels in te skakel. Dit skakel die gewone droë koppelaarplate uit en verseker dat die trekker doeltreffender funksioneer. Dít is baanbreker-ingenieurswese wat nie by enige ander trekkermodel gevind word nie.
Paul sê daar is geen twyfel dat die gehalte van Kubota-produkte en dienste die Ritchie-span aangemoedig het om ‘n selfs groter gesamentlike poging in die landboubedryf aan te wend nie. “Ons het ‘n uitstekende verhouding met die Kubota-span en sien uit na selfs beter verkope vanjaar,” sê hy.
Vir meer inligting oor Kubota, skakel Robert Keir van Smith Power by 011-284-2000
011-284-2000 of e-pos mail@smithpower.co.za.