"Kubota het die smalste trekker in die land"
Mike Heath, ’n trekkerspesialis met 65 jaar ondervinding, en Leonard Engelke, direkteur van Kubota in die Wes-Kaap in Kubota se nuwe vertoonkamer in Somerset-Wes.
Die groot verskil tussen boordboerdery en ander gewasverbouing is dat die gewasse in jou boorde ’n leeftyd van tussen 20 en 25 jaar kan hê. Dit beteken dat vrugtebome of wingerde as sodanig, ook deel van ’n boer se beleggingsportefeulje uitmaak en as dit van meet af aan net die beste behandeling kry, kan dit vir baie jare goeie dividende lewer.
Daar is dus geen onduidelikheid nie: Die toerusting wat ’n boer in sy wingerde of boorde gebruik, moet so min as moontlik ontwrigting veroorsaak wat’n invloed op toekomstige produksie kan hê.
Dit is dus ook geen wonder dat Kubota se M Narrow-reeks die smalste en gewildste trekkerreeks in die Wes-Kaap se wingerde en boorde is nie.“Met ’n buitewydte van slegs 1,25 meter glip die slanke staatmaker gladweg tussen die rye deur sodat nie eens die modderskerms dele van jou oes wegvee nie, en om by die koppenent van ’n boord in die volgende ry in te draai, het die trekker ’n kortdraaifunksie van net 3,5 meter! ’n Boer kan selfs waag om sy volgende vrugteboord se rye nader aan mekaar te plant want die ramkat-reeks het boonop ’n vierwielvastrap wat selfs korter kan draaias in die gewone tweewieldryf-modus,” sê Leonard Engelke, direkteur van Kubota in die Wes-Kaap.
Die twee modelle in die Narrowreeks is die M7040 en die M8540 wat onderskeidelik 51 kW en 68 kW se krag kan lewer. ’n Boer kan kies of hy sy trekker met of sonder ’n dak wil hê. Kubota het ook gevind dat daar hopeloos te veel ongelukke in boorde voorkom waar gewone trekkers met vol, swaar spuite teen skuinstes weghol en omval. Daarom het hulle die vierwielrem-funksie ontwerp wat ’n trekker dood in sy spore laat stop. Dit is ’n uitstekende veiligheidsfaktor en is ingestel op gemak, gerief en veiligheid.
Vir verdere gerief het die Kubota ook ’n hidrouliese koppelaar met ’n onafhanklike hidrouliese kragaftakkeras. “Die dae waar ’n drywer by die koppenent van ’n ry die koppelaar moes trap, die omwentelinge moes verlaag, die trekker se kragaftakkeras moes ontkoppel, die draai moes maak en die hele proses weer andersom moes deurgaan om weer aan die gang te kom,is verby.”
Die Kubota bespaar tyd en kan dit baie vinniger en met veel minder omslagtigheid doen. “Ons trekker doen die proses vanself deur middel van ’n delayed pickup, so jy los jou trekker se aftakkeras op 540 omwentelinge, jy maak jou draai en skakel die kragaftakkeras weer aan sonder om die koppelaar te trap. As jy ’n paar sekondes by elke ry kan wen, kan dit goeie minute wees wat jy aan die einde van jou boord bespaar,” sê Leonard
Spuit is ’n aksie wat vinnig in ’n kort venstertydperk afgehandel moet word en Kubota maak die beweegbaarheid in die kort tydjie baie makliker.
“Die Japannese ingenieurs en ontwerpers in die Kubota-fabriek het geweet hoe om ’n trekker te bou wat wêreldwyd aan die spesifieke behoeftes van hoë-digtheid gewasse moet
voldoen,” sê Mike Heath, Kubota Suid- Afrika se spesialis vir boordmodelle. Hy het 65 jaar ondervinding met trekkers waarvan 30 jaar met boordtrekkers is.“Kubota stel nie verkoopsmanne aan nie, ons stel adviseurs aan. Ons stuur ons manne uit om te gaan verstaan hoe die boer se boerdery werk en wat vir hom tot voordeel sal wees,”sê hy.
“As ’n kliënt na ons toe kom, handel hy met ’n spesialis-trekkerverskaffer. Ons het ’n trekker vir elke 10 perdekrag en kan herstelwerkdienste
lewer en onderdele verskaf, maar ons sal terugstaan as ons nie die regte trekker vir ’n taak het nie,” verseker Leonard Suid-Afrikaanse boere
Leonard Engelke nooi enige boerom vir hom in Somerset-Wes tekom kuier vir eerlike inligting omsy boerdery te verbeter, of kontakhom by 083-461-8725 of 021-854-5239 of leonard@ursus.co.za.
Besoek ook www.kubotasa.co.zaom Kubota se volledige reeks wentrekkers te leer ken, of om uit te vind waar jou naaste Kubotahandelaar is.