Categories: NewsPublished On: 18th July 2016

Kommersiële boere in oorlewingstryd weens die droogte

By 3 min read
533 words

Agri SA logo Kleur NUWE

Agri SA se kantoor word tans oorweldig deur versoeke vanaf uiters desperate kommersiële en opkomende boere om droogtehulp. Die organisasie het ‘n beroep gedoen op die korporatiewe sektor en algemene publiek om finansieel by te dra tot Agri SA se droogtehulpfonds vir die befondsing van voerpille en die vervoer daarvan na boere in nood.

‘n Ander groot probleem wat Agri SA ondervind is dat ‘n toenemende getal hoogs produktiewe en suksesvolle kommersiële boere tans sukkel om kop bo water te hou.

“Ons doen ‘n beroep op kommersiële banke en agribesighede om maniere te vind om grootskaalse bankrotskappe onder hierdie boere te verhoed. Ons vra ook dat die regering hulp verleen aangesien hierdie produsente ‘n belangrike rol speel om voedsel op groot skaal vir die kommersiële mark te produseer,” sê AgriSA in ‘n verklaring.

Dit is veral boere in dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes, Oos-Kaap en Wes-Kaap wat ‘n ernstige krisis in die gesig staar en dringend finansiële hulp benodig. Hulle kan nie langer bekostig om veevoer aan te koop nie en het nie die nodige kontant om hulle boerderye aan die gang te hou nie. Boorgate op baie plase het ook begin opdroog en diere is besig om te vrek. Plaaswerkers en hulle gesinne het ook dringend humanitêre hulp nodig.

Die voortdurende droogte in dele van Suid-Afrika het ‘n geweldig negatiewe en vernietigende impak op sosio-ekonomiese omstandighede in baie landelike gemeenskappe. Die verlies aan ‘n toenemende getal kommersiële boere wat die ruggraat van ekonomiese groei en werkskepping uitmaak, sal bloot die armoede en werkloosheid in hierdie gebiede vererger.

“Agri SA doen ‘n beroep op die korporatiewe sektor en die algemene publiek om by te dra tot Agri SA se droogtehulpfonds aangesien ons boere nou meer as ooit tevore ons hulp nodig het.”

Hier volg ‘n opgedateerde verslag oor die hulp wat boere uit Agri SA se droogtehulpfonds ontvang het:

Bydrae deur die korporatiewe sektor, internasionale skenkers, kerkgemeenskappe en die algemene publiek R16-miljoen

 

Getal kommersiële boere wat hulp ontvang het 12 921 kommersiële boere
Getal opkomende boere wat hulp ontvang het 3 053 opkomende boere
Totale getal boere wat hulp ontvang het 15 974 boere
Getal bale (rond en vierkantig) wat versprei is 66 557 bale
Getal sakke voerpille wat versprei is 36 609 sakke voerpille
Getal plaaswerkers en landelike gesinslede wat van kospakkies en gebottelde water voorsien is 9 057 plaaswerkers

(x4 lede = 36 228 landelike gesinslede)

Getal vragmotors wat gebruik is 579 trokke
Getal skenkers wat fondse beskikbaar gestel het 1 300 skenkers
Getal mieliemeel- en voedselpakkies wat versprei is 236 ton
Getal gebottelde water wat versprei is 548 000 liters
Getal watertenks wat geskenk is en boorgate wat gesink is 20 watertenks

3 boorgate

 

FINANSIËLE OORDRAGTE AAN PROVINSIES VANUIT DIE DROOGTEFONDS 
Noord-Kaap R 3 418 421.00
Noordwes R 3 389 474.00
Vrystaat R 3 189 474.00
Wes-Kaap R 2 250 000.00
Oos-Kaap R 889 474.00
KwaZulu-Natal R 505 263.00
Ander provinsies R 607 895.00

Die tekort aan wintervoer is ‘n ernstige probleem en enige skenkings deur die publiek sal hoog op prys gestel word. Verdere oordragte vanuit die droogtehulpfonds sal in Augustus en September gemaak word aan die provinsies wat ernstige tekorte aan veevoer of wintervoer ervaar.

Die bankbesonderhede is soos volg:
Begunstigde: Agri SA Droogtehulpfonds
Bank: ABSA
Rekeningtipe: Tjek
Rekeningnommer: 40-6854-0775
Tak-kode: 632 005 (Besigheidsbank – Pretoria-Oos)
Begunstigde se verwysing: RAMP

 

Bron: Uitgereik deur Agri SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0