Kom leer oor plaasbeskerming en intensiewe gewasverbouing by Landboukorrels Boeredag.
Hoe gemaak om huis en haard in hierdie gevaarlike tye te beskerm? Kom besoek die Landboukorrels Boeredag-skou op Saterdag 3 Oktober buite Cullinan om jouself paraat te kry vir ’n moontlike aanval op jou hoewe of plaas.
Vir hoeweboere en belangstellendes wat die beste uit hulle beperkte grondoppervlakte wil put, word Vrydag 2 Oktober aan besprekings oor intensiewe gewasverbouing gewy. Kweekhuise, effektiewe mikroörganismes, akwakultuur en besproeiingsoutomatisering is van die temas wat deur bekende sprekers bespreek gaan word.

